As ek Hom nodig het


As ek Hom nodig het

Wat doen ons as ons God nodig het?

Wel, ons is gelowiges—ons gaan na die Here! Ons soek Hóm, in ons situasies. Ons bid, ons bely ons geloof; ons worstel, ons werk, ons oorwin. Reis saam deur twintig algemene uitdagings en leer telkens hoe om die Here in sulke situasies te soek—en te vind! Ons ondersoek het twee fokusse: Wat sê die Here in sy Woord? Wat doen ons? Twintig weke. Die temas is hieronder:

Inhoud
1. As ek Hom nodig het—hoe vind ek hulp?
2. As ek alleen is—hoe vind ek verhouding, gemeenskap?
3. As ek angstig is—hoe vind ek vrede?
4. As ek bang is—hoe bou ek my geloof?
5. As ek depressief is—hoe sien ek weer die lig?
6. As ek kwaad is—hoe oorkom ek woede en frustrasie?
7. As ek minderwaardig voel—hoe vind ek weer my waarde?
8. As ek moeg is—hoe kry ek nuwe krag?
9. As ek moedeloos is—hoe vind ek weer moed en hoop?
10. As ek gebrek het—hoe moet ek bid, wat moet ek doen?
11. As ek onvrede beleef—hoe herstel ek verhoudings?
12. As ek in gevaar is—hoe hanteer ek die bedreigings?
13. As ek slegte nuus ontvang—hoe reageer ek in geloof?
14. As ek siek is—hoe moet ek verstaan, hoe moet ek glo?
15. As ek oud is—hoe leef ek sinvol en vreugdevol?
16. As ek in versoeking is—hoe slaag ek die toets?
17. As ek gesondig het—hoe groei ek uit dit uit?
18. As ek aanvalle beleef—hoe weerstaan ek die vyand?
19. As ek twyfel in God—hoe vind ek weer geloof?
20. As ek God nie beleef nie—hoe ervaar ek weer sy teenwoordigheid?


Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad:
kliek hier

.