Wie HY sê


Wie HY sê

Wie is jy?

As iemand ons vra “wie is jy”, sal ons gewoonlik met ons naam antwoord. ‘n Naam is egter ‘n blote etiket, wat niks verklap van wie ons werklik is nie! Daarna sal ons dalk verwys na ons kulturele groep, streek of beroep: “ek is ‘n onderwyser uit die Noord-Transvaal” of “ek is ‘n Afrikaanssprekende uit die Kaap.” Dit gee meer inligting , maar sê steeds nie wie ons werklik—hierbinne—is nie. Nog meer inligting word oorgedra deur ons persoonlikheid, kragte, waardes of passie. Steeds sê dit maar min van my wese of my waarde as mens.

‘n Fout wat mense dikwels maak is om hul identiteit te soek in wat ander van hulle sê. Hulle meet hulleself aan die populêre kultuur of sosiale media, aan rolmodelle of wat vriende vir hulle sê. Om egter jou identiteit en waarde te soek in hierdie wêreld, of by ander mense, neem jou bloot verder van wie jy werklik is, volgens die Bybel!

Volgens die Bybel is daar net Een wat kan sê wie jy is en dit is Hy wat jou gemaak het! Net God ken sy bedoeling met jou en net Hy ken jou deur en deur. Ons moet dus noodwendig na die Skrif toe gaan en gaan lees wat HY van ons sê. DIT is wie ons is! Dan moet ons dit radikaal gaan uitleef.

Volg hierdie reis saam met ons en ontdek “wie Hy sê ek is”!

Laai die Inhoud en Deel 1 gratis af by die skakels hieronder. Daaruit sal jy sien hoe ons kursus lyk.

Kyk ook na hierdie video, waarin ek iets meer oor die kursus verduidelik.

WHS#0 Voorblad en Inhoud

WHS#1 Deel 1 - Ek is 'n Mens


Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad:
kliek hier

.