Laat u ryk kom
Die hooftema van Jesus se lering is die koninkryk van God. Jesus leer dat die koninkryk van God in Hóm naby gekom het. "Bekeer julle, want die koninkryk van God het naby gekom!' Hy leer ons om daagliks te bid: "Laat u konnkryk kom." Die koninkryk van God is egter nie net 'n teorie nie, maar 'n praktyk, 'n waardestelsel, 'n lewenswyse. In hierdie kursus, "Laat u ryk kom", kyk ons - oor 16 weke - na wat so 'n koninkrykslewe behels.
Inhoud
1. God se ryk—Die wese van die koninkryk
2. God bo alles ... God se wil in die koninkryk
3. Vader en kinders—God se vaderskap en ons kindskap
4. Volg die Meester—Volgelingskap van Jesus as die manier
5. Aanbid nuut—Die aard van aanbidding in die koninkryk
6. Vertrou volkome—Die krag van geloof in die koninkryk
7. Vredemakers—Die rol van vrede en versoening in die koninkryk
8. Omgekeerde ordes—Die omgekeerde ordes van die koninkryk
9. Reik uit, sluit in—Die insluitende aard van die koninkryk
10. Verander die wêreld—Die groei van die koninkryk
11. Geregtigheid—“Die koninkryk van God en sy geregtigheid”
12. Getrouheid—Die rol van getrouheid in die koninkryk
13. Dade is die bewys—Dade in die koninkryk
14. Bou die kerk—Die instrument van die koninkryk
15. Leef dit hier—Koninkrykspraktyke in Suid-Afrika
16. Ontvang die koninkryk—Wie gaan in?
Laai die Inhoudsopgawe hier af, om te sien hoe hierdie kursus daar uitsien.
Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.
Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad: kliek hier