Ware man


Ware man

Manwees vir die Here!

Die wêreld het verander vir mans. Dis nie meer 'n "mans world" nie! Mans se rolle is tans baie meer ongedefinieerd en dit skep onsekerheid. WARE MAN is 'n moderne blik op manwees in hierdie wêreld, op God se manier. Ons doel is nie om terug te ontsnap in 'n onmoontlike patriargie in nie, maar om die Bybelse rolle vir mans, vir vandag, duidelik en prakties te omskryf. Ons kursus strek oor 17 weke en dek die volgende temas:

  • Die krisis van manwees vandag
  • Wat maak 'n man 'n man?
  • Karakter en integriteit
  • Mans verskil van vroue
  • Mans en vroue: wat is liefde?
  • Mans en vroue kommunikeer
  • Mans, vroue en seks
  • Werk en roeping
  • Leierskap
  • Vaderskap
  • Ware mans dien...
  • Porno, verslawing, emosies
  • Stres en mislukking
  • Jesus was 'n man
  • Groei as volgeling van Jesus
  • Wees 'n priesterskap
  • Missie: word wie jy is!

Die kursus is vir almal, want ons deel almal met mans, nie waar nie? Daar is BAIE om te leer, ook vir vroue! Veral is dit vir vir:

  • mans wat hulle manwees geniet
  • mans wat die Here regtig wil dien
  • mans wat hulle rol in die huwelik (en hul vroue) en in die wêreld beter wil verstaan
  • mans wat hul roeping beter wil verstaan
  • vroue wat hul mans beter wil verstaan, en
  • vroue wat hul mans wil help om die bg. temas beter te verstaan (ja, skryf in vir jou man!)
  • selleiers wat die tema in hulle kleingroepe wil bespreek
  • leraars wat die tema in hulle mannebediening of op 'n mannekamp wil gebruik. Die kursus is ideaal vir 'n mannekamp. Maak ook seker dat jy die addissionele materiaal vir 'n kamp by ons ontvang.

Let wel: Ons benadering is soos altyd Bybels, prakties en kontemporêr. Ek laat die heeltemal kontroversiële goed uit - hanteer jy dit maar op jou mannekamp! Nogtans is die kursus nogals eerlik en blatant en sommige hoofstukke het 'n perk van 16, as ons praat oor seks en gender-temas.


Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad:
kliek hier