Die Man-kursus


Die Man-kursus

Manwees vir die Here!

Hierdie kursus is saamgestel met die inset van heelwat vroue...

Die wêreld het verander vir mans. Dis nie meer 'n "mans world" nie! Mans se rolle is tans baie meer ongedefinieerd en dit skep onsekerheid. DIE MAN KURSUS is 'n moderne blik op manwees in hierdie wêreld, op God se manier. Ons doel is nie om terug te ontsnap in 'n onmoontlike patriargie in nie, maar om die Bybelse rolle vir mans, vir vandag, duidelik en prakties te omskryf. Ons kursus strek oor 12 weke en dek die volgende temas:

1. Ons begin by die man as mens. Ons praat oor stereotipes en Bybelse rolle. Ook oor die feit dat die man en die vrou ook baie gemeen het, omdat ons mense is.

2. Daarna beskryf ons die man in sy uniekheid - wat 'n man 'n man maak, fisies en ook psigies;

3. Daarna deel ons vir drie weke oor die man in sy verhoudings tot vroue - al daardie moeilike (en lekker) dinge en hoe om dit te hanteer, insluitende die huwelik, intimiteit en konneksie;

4. daarna gaan ons na die man in sy rolle: vader, werker, koning, priester en profeet en

5. ten slotte deel ons oor die man as Christen en as geroepene.

Twaalf temas altesaam. Dan is daar 'n bylaag oor die kwessie van hoofskap en hulpskap in die huwelik, en ons is klaar. Let wel dat ons kursus nou heeltemal oorgedoen is.

Die kursus is vir almal, want ons deel almal met mans, nie waar nie? Daar is BAIE om te leer, ook vir vroue! Veral is dit vir vir:

  • mans wat hulle manwees geniet
  • mans wat die Here regtig wil dien
  • mans wat hulle rol in die huwelik (en hul vroue) en in die wêreld beter wil verstaan
  • mans wat hul roeping beter wil verstaan
  • vroue wat hul mans beter wil verstaan, en
  • vroue wat hul mans wil help om die bg. temas beter te verstaan (ja, skryf in vir jou man!)
  • selleiers wat die tema in hulle kleingroepe wil bespreek
  • leraars wat die tema in hulle mannebediening of op 'n mannekamp wil gebruik. Die kursus is ideaal vir 'n mannekamp. Maak ook seker dat jy die addissionele materiaal vir 'n kamp by ons ontvang.

Laai gerus die eerste deel gratis hier af om te sien hoe die kursus daar uitsien. Kliek op die skakel:

MK2#0 Inhoud.pdf

Let wel: Ons benadering is soos altyd Bybels, prakties en kontemporêr. Ek laat die heeltemal kontroversiële goed uit - hanteer jy dit maar op jou mannekamp! Nogtans is die kursus nogals eerlik en blatant en sommige hoofstukke het 'n perk van 16, as ons praat oor seks en gender-temas.


Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad:
kliek hier

.