die basiese
Ek is Jimi (SJ) le Roux, gebore in 1961 te Kaapstad, getroud met Maryke, met twee volwasse kinders.
persoonlike agtergrond
My pa, James le Roux, het teologie studeer in Amsterdam (V.U.), Holland, waar hy saam met "Broer Andrew" (stigter van Geopende Deure) na Oos-Duitsland is vir bediening. Daar het my ma, Eva Knoll, ontmoet het. Sy het uit Oos-Duitsland gevlug en hulle is in Holland getroud. Ek is in Suid–Afrika gebore. Hier het hulle in die (latere) Christelike Gereformeerde Kerk Parow bedien, en bekend geword vir 'n genesingsbediening in die “Vernuwing” van 1970's. My broers en susters is Friedhelm le Roux, Siegbert le Roux, Angela van Hansen en Rhona Kieswetter.
kerklike agtergrond
Ek is georden in die Christelike Gereformeerde Kerk, ‘n gereformeerde kerk met 'n evangeliese en vernuwingsaanslag.
Vir die laaste vier jaar van gemeentebediening is ek gesekondeer na Mosaïek, ‘n postmoderne makrogemeente in Johannesburg. Dit was 'n wonderlike tyd van leer en groei.
persoonlikheid
Ek sien myself as nugter, gebalanseerd, geestelik ingestel, intellektueel, konsensieus, gedissiplineerd, veelsydig, kreatief. Ek streef na opregtheid en integriteit.
Ek hou daarvan om kreatief te wees: ek speel musiek, skryf, dig en skilder.
kwalifikasies
Daarmee ook vele kursusse en seminare oor evangelisasie, sending, selbediening, berading, leierskap, gemeentebou en geestelike begeleiding.
beroepservaring
Leierskap en bestuur, toerusting en opleiding, pastorale werk, berading en begeleiding. Ek werk met mense.