Openbaring - 'n ope boek


Openbaring - 'n ope boek

Is Openbaring 'n geslote boek vir jou?

Verstaan jy nie sy simbole en beelde nie?

Wil jy weet wat die Skrif leer oor die eindtye?

Hoe moet jy die Antichris verstaan, die tekens van die tye, die 'dag van die Here', die ewigheid?

Hoe moet jy dink oor die wegraping en die vrederyk?

Volg dan ons interessante studie deur die laaste boek van die Bybel - dit sal 'n openbaring wees!

Openbaring – ‘n visioen vol misterieuse simbole en verwysings – is nie noodwendig ‘n geslote boek nie. Nee, dis geskryf en toe oopgerol, sodat sy lesers kan verstaan en bemoedig word. As ons dit reg benader is dit heeltemal duidelik. Die eerste lesers het goed verstaan wat dit beteken, en ons kan ook!

Ons dek die volgende temas oor 21 dele:

Inleiding
#1 Ou Testamentiese Verwagtinge
#2 Die Profetiese Rede en Openbaring
#3 Die Nuwe Testament en Openbaring
#4 Die Agtergrond van Openbaring
#5 Die Indeling van Openbaring

Die Sewe Dele
#6 Deel 1: Die Sewe Gemeentes (1)
#7 Deel 1: Die Sewe Gemeentes (2)
#8 Deel 2: Die Sewe Seëls (1)
#9 Deel 2: Die Sewe Seëls (2)
#10 Deel 3: Die Sewe Trompette (1)
#11 Deel 3: Die Sewe Trompette (2)
#12 Deel 4: Christus en die Antichris (1)
#13 Deel 4: Christus en die Antichris (2)
#14 Deel 5: Die Sewe Bakke
#15 Deel 6: Die val van Babilon (1)
#16 Deel 6: Die val van Babilon (2)
#17 Deel 7: Die Ewigheid (1)
#18 Deel 7: Die Ewigheid (2)

Slot
#19 Oorsig oor Openbaring
#20 Bylaag: Premillenialisme
#21 Tematiese Indeks

Die kursus is prakties en verstaanbaar, gelaai met interessante tabelle en kaarte, inligting oor die numerologie van die Bybel en vele meer! Vir die wat meer wil weet is daar uitvoerige voetnotas. Ons studie staan op goeie verstaanbeginsels en loop nie (te veel) spekulatiewe draaie nie. Verstaan Openbaring vir die eerste keer!

Laai die eerste deel hier af:

OP#0 - Voorblad


Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad:
kliek hier

.