Genade is radikaal
Genade is radikaal—so radikaal dat ons sukkel om dit te verstaan. In hierdie reeks wil ons vrae antwoord: Hoe skakel genade met geloof? As alles dan genade is, wat van gehoorsaamheid? As God alles doen, wat moet ék doen? Wat van my sondes? Is genade nie onregverdig nie? Ja, genade kan ons ongemaklik maak, maar tog is genade die enigste manier—die énigste manier—waarop ons gered kan word. In hierdie kort kursus:
Die inhoud van hierdie kursus is soos volg:
1. Die wese van genade—definisie, bron en motief
2. Die basis van genade—die kruis, versoening, geloof
3. Gered deur genade—verlossing, sekerheid, volharding
4. Staan in genade—kindskap, vergiffenis, werke
5. Genade en sonde—oortreding, skuldgevoel, vrymoedigheid
6. Groei in genade—heiliges en heiliging
7. Gee genade aan—praktiese genade, die missie
8. Huis van genade—‘n kerk vir sondaars
9. Bylaag—samevatting: stellings en temas
Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.
Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad: kliek hier