Jesus Leefstyl


Jesus Leefstyl

Soms maak ons kursusse oor leefstyl-temas...

As 'n lewensbegeleier maak ek ook kursusse oor die gewone lewe. Ons lewe selfs die gewone vir die Here, nie waar nie? Die Here leer ons ook die gewone lewe leef! In elk geval, hierdie kursus gaan oor Jesus se lewe, maar dis nie 'n (baie) geestelike kursus nie.

Ons fokus op hoe die mense in Jesus se tyd geleef het, en wil die beste daarvan vir ons neem. Daar is immers baie te leer! Hulle dieet was bv. veel natuurliker en hulle aktiwiteitsvlakke veel hoër as wat ons s'n is. Hierdie kort kursus, Jesus Leefstyl, gaan dáároor. Ons kyk na hoe Bybelse mense geëet en geleef het, en vergelyk dit met die raad van voedingskundiges en ander kenners. Waarby ons uitkom is die "Jesus-dieet" (soos ek dit noem), en 'n gesonde, navolgenswaardige leefstyl. Dis ook die dieet en leefstyl wat ek self wil leef.

Sien dit so: volgens die antieke Skrif, en die jongste navorsing, is DIT die gesondste manier waarop jy kan leef.

Leef die Jesus Leefstyl!

Neem kennis: Ek is nie 'n voedingskundige nie en skryf nie 'n dieet voor nie. Ek vergelyk die inligting wat op www.healthline.com verskyn met Bybelse gegewens. Spreek jou dokter voor jy op 'n spesifieke dieet gaan.

Die inhoud is soos volg:

1. Eet graan soos Jesus
2. Eet groente soos Jesus
3. Eet vleis soos Jesus
4. Eet suiwel soos Jesus
5. Eet soet soos Jesus
6. Gebruik olie soos Jesus
7. Drink soos Jesus
8. Vas soos Jesus
9. Leef aktief soos Jesus
10. Rus soos Jesus
11. Leef holisties soos Jesus
12. Die Mediterreense Dieet

Om te sien hoe die uitleg lyk, kan jy die eerste blad hieronder aflaai.

JL #0 Inhoud.pdf


Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad:
kliek hier

.