Geesplan


Geesplan

Geesplan

Geesplan gaan oor onderskeiding. Waar staan jy geestelik gesproke? In watter rigting lê jou groei? Waartoe roep die Here jou? Wat is jou volgende seisoen? Geesplan is geprogrammeerde geestelike begeleiding wat jou met hierdie vrae help. Die eienskappe van hierdie begeleidingsprogram is soos volg:

1) Persoonlik – daar is nie net een geestelike trajek vir almal nie, omdat ons almal verskil. Geesplan werk uit-en-uit met wie JY is en waar JY nou is. Nogtans kyk dit ook na jou hele lewe, na die groot prent.

2) PraktiesGeesplan gaan nie te diep nie, maar fokus eerder op dit wat werkbaar en prakties is. Dit gaan oor insig, onderskeiding en dan toepassing.

3) Geestelik – die doel is om voor die Here te gaan sit met jou lewe en met sý wil in lyn te kom. Ons gebruik onderskeiding, gebed en geestelike dissiplines daarvoor. Dit gaan oor ons groei, ons transformasie, en in daardie sin is dit diep geestelik.

Geesplan kan op twee maniere gevolg word:

  • Gewone opsie - teen die gewone bydrae (tans R150 pm) word die materiaal weekliks bekom en self deurgwerk, wat opsigself baie waardevol is. Hierdie opsie is soos ons kursusse gewoonlik werk.
  • Begeleide oposie - teen 'n EKSTRA bedrag (van tans R150) word addisionele huiswerk verskaf om die materiaal te verpersoonlik. Die werk kan terug gestuur word vir kommentaar, wat 'n begeleidingsverhouding skep - die werklike waardetoevoeging van alle coaching. Oorweeg dit gerus en laat ons weet as jy wil opgradeer.

Geesplan is nou in geheel oorgewerk, verkort en van 'n nuwe vloei voorsien. Dit sal oor die volgende 12 weke nuwe insigte, nuwe sin, nuwe doel en nuwe krag in jou geestelike lewe bring!

Kyk gerus na die video hieronder, waarin ek dit 'n bietjie meer uiteensit.

Vir die inhoudsopgawe, kliek die volgende PDF skakel:

GP#0 GP2 #0 Inhoud.pdf


Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad:
kliek hier

.