Word Stil Oordenkings


Word Stil Oordenkings

Ons nuwe reeks, WORD STIL, begin op 1 Julie 2025.

Hierdie reeks het 'n meer kontemplatiewe toon. Dit gaan oor stil word, gebed, 'n lewe vanuit die Bron in ons - die Gees van God. Ons leef te midde van die wêreld se geraas, gejaag en gemaal. Ons word oorspoel met boodskappe en informasie. Ons verloor ons wortels en waardes, ons koers. Ons moet weer anker.

Ons temas in hierdie reeks is stilte, stiltetyd, loslating, gebed (heelwat), nadenke,  lectio divina, aandagtigheid, kontemplasie, geestelike ritmes. Ons wil die leser dieper neem, maar op 'n praktiese en relevante manier - elke Christen moet daaruit waarde en toepassing vind. 

Elkeen van ons kan dieper leef, met meer vrede en geloof. Daar is baie om te leer - reis saam!

Onthou:

  • Ons reekse behels 366 oordenkings en duur omtrent 'n jaar en 'n half.
  • Ons oordenkings is vaste spys, nie net mooi verse nie. Dis groei-materiaal.

Die woorde op ons mooi logo beteken "Jesus Christus oorwin."

.