Werk met die Waarheid
Leuens dikteer dikwels ons denke - sonder dat ons dit besef. Die aannames wat ons maak skep vir ons probleme, verstrik ons en maak ons ongelukkig. Leuens is die gunsteling-taktiek van die Bose - die "Vader van die Leuen" - om ons te bind en af te breek. Die waarheid, daarenteen, sal ons vrymaak, volgens Jesus. As ons met die waarheid werk — God se waarheid — sal ons ons verhoudings, probleme, emosies en geestelike lewe veel beter kan hanteer, met vryheid en oorwinning. Ons behoort dus in alle situasies te vra, “Wat is die waarheid hier?” God se waarheid oor al die situasies van ons lewe vind ons in Jesus Christus, sy Woord, sy Gees - en in ons gesonde verstand! In heirdie reeks, “Werk met die Waarheid”, sal ons oor 10 weke kyk hoe die leuen ons bind en die waarheid ons vrymaak in die verskillende uitdagings van ons lewe.
Inhoud
1. Waarheid en leuen—Wat die Bybel sê oor die Waarheid en oor waarhede
2. Waarhede oor die lewe—aannames oor die lewe, waar of vals
3. Waarhede oor probleme—die hantering van uitdagings in waarheid
4. Waarhede oor verhoudings—waarhede en leuens oor ander mense en myself
5. Waarhede oor emosies—hoe ek reageer en hoe ek voel, waar of vals
6. Waarhede oor God—wie God is en wie Hy nie is nie, en wat Hy doen en nie...
7. Waarhede oor redding—misverstande en feite oor verlossing en volharding
8. Waarhede oor die geestelike lewe—wat God vra en wat Hy nie vra nie
9. Waarhede oor sonde—wat sonde is en wat God verwag, en glad nie verwag nie
10. Werk met die waarheid—hoe om die waarheid in my hart en lewe in te werk
Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.
Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad: kliek hier