Missionele Verhoudings


Missionele Verhoudings

Nie elke Christen is ‘n evangelis nie, maar elke Christen is ‘n getuie.

Evangelisasie is immers ‘n gawe (Ef 4:11) en nie elkeen het elke gawe ontvang nie. Elke Christen is egter ‘n getuie, aangesien dit die opdrag van Jesus Christus is (Hand 1:8).

As Christene wil ons wel getuies wees, maar ons weet nie altyd wat van ons verwag word nie. Wat moet ons sê of doen? Moet ons met vreemdelinge oor God praat? Sal dit nie aanstoot gee nie? Ontspan gerus - om ‘n getuie te wees is die mees natuurlike ding moontlik: dit gebeur eintlik vanself, in die manier hoe ons optree. Ander sien immers aan ons lewe wat ons glo. Ons woorde dra bloot daartoe by. ‘n Mens “leer” ook nie eintlik hoe om ‘n getuie te wees nie, want ‘n getuie is bloot iemand met wie iets gebeur het – en wat nou daarvan kan vertel - as hy gevra word. Ons het nie ‘n kursus nodig om ons eie ervarings te kan deel nie! Nogtans help dit ons om te leer hoe om meer intensioneel as getuies te leef, veral in ons verhoudings, en hoe om meer voorbereid oor ons Christenskap te kan praat. Dit skep vrymoedigheid en selfvertroue.

Missionele Verhoudings is 'n kursus oor 20 weke wat jou daarmee sal help!

Wat kan jy verwag?

  • Jy kan verwag om kort en kragtig ingelig te word oor die 'missionele lewe' en die beginsels daarvan. Elke kursusdeel fokus net op die wesenlike en die praktiese. ‘n Lewe-as-getuie sal vir jou helder en duidelik word!
  • Jy kan verwag om verras te word deur deur die eenvoud en doenbaarheid van ‘n 'missionele lewe'. Ons glo nie aan skuldgevoelens of dat elke kind van God met elke vreemdeling oor sy geloof moet praat nie – en ons glo ook glad nie in kunsmatige “verkoops”-tegnieke, of om besluite vir Jesus af te dwing nie.
  • Jy kan verwag om ‘n eenvoudige getuienis-hulpmiddel aan te leer in die vorm van die “Joh 3:16 Grafiese Metode”. Dit is ‘n maklik-om-te-onthou prent – ‘n breinkaart – wat die evangelie eenvoudig uiteensit. Met ‘n paar strepe kan jy die Bybelboodskap vir iemand saamvat – en self ook beter verstaan!
  • Jy kan verwag om meer vrymoedigheid te ontwikkel in jou geloof en om baie meer gereed te wees as die gesprek na geestelike dinge draai.

INHOUD

INLEIDING
1. Wat is die Missie? ‘n Missionele God en sy boodskap.
2. Die Kerk en die Missie. Ingekeerde of uitgekeerde kerk?
3. Missionele Mense. Christene onder ‘n opdrag.

MISSIONELE VORMING
4. Missionele Lewe: jou primêre Getuienis. Geen integriteitsgapings nie!
5. Missionele Krag: die Heilige Gees. “Julle sal krag ontvang...”
6. Missionele Liefde: Insluiting. Verhoudings kom eerste!
7. Missionele Wysheid: Onderskeiding. Mense is naby of ver van God.
8. Missionele Intensie: die ‘Man van Vrede’. Iemand wat ek ken het God nodig...
9. Missionele Beginsels (1): Praktiese Getuie-wees. Volg hierdie stappe...
10. Missionele Beginsels (2): jou Storie... Wat is jou ‘getuienis’?
11. Missionele Waardes: Liefde en Respek. Wat is ononderhandelbaar?

DIE JOH 3:16 METODE
12. Die Joh 3:16 Grafiese Metode. Wat en waarom?
13. Leer die Metode (1): God en mense, sonde, lewe en dood.
14. Leer die Metode (2): Ons werke en God se werk: Jesus Christus.
15. Leer die Metode (3): My reaksie: geloof. Toepassing.

SLOT
16. Deel met die Vrae (1). Gesels saam - met vertroue!
17. Deel met die Vrae (2). Vervolg...
18. Dissipelskap-Verhoudings. Neem die proses verder.
19. Missionele Strategie vir Gemeentes. Keer die kerk uit!
20. God stuur JOU – gaan!

Missionele Verhoudings is uitstekend vir persoonlike groei, maar ook ideaal vir die huis- of gebedsgroep! Leer vir 'n paar maande hoe om meer intensioneel 'n Christen te wees in jou omgewings.

Laai hier die eerste dele af:

MV#0 - Voorblad en Inhoud

MV#1 - Wat is die Missie?


Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad:
kliek hier

.