Leer ons Bid


Leer ons Bid

Jesus se kursus oor gebed...

Toe die dissipels vir Jesus gevra het om hulle te leer bid, leer Hy hulle die Ons Vader. Die Ons Vader is Jesus se kursus oor gebed! Sy bedoeling is dat ons die Ons Vader net so sal bid - hoewel ons dit dikwels nalaat - maar ook om ons te leer wat gebed moet wees. In hierdie kursus, Leer ons bid, beweeg ons rustig deur die Ons Vader en leer hoe om te bid, by die Meester self! Elke aspek is belangrik - die aanhef, die vloei en die volgorde, die sewe petisies en die (tradisionele) lofverheffing. Dis soos Jesus self gebid het - leer ook om só te bid!

Leer ons bid leer ons die basiese van gebed, maar dit neem jou onmiddelik ook baie dieper in volwasse gebed in. Dit sal jou gebedslewe to taal verander!

Elke kursusdeel word aangevul deur 'n video, waarin ek die inhoud verder toelig.

Kliek hier om na 'n 3 minute video te kyk waarin ek meer vertel oor Leer ons bid.

Die volgende kommentaar is oor Leer ons Bid ontvang.

  • Baie, baie dankie vir 'n uiters leersame kusus oor die Onse Vader. Dit was só interessant en fassinerend om te sien hoe daar net meer en meer inligting "uitpop" oor 'n enkele woord of reël uit die Onse Vader. Nogmaals dankie vir jou tyd, energie en inspirasie om die Woord van God oop te breek. Marianne Smit
  • Hierdie kursus oor gebed het my bemagtig met baie nuwe insigte oor my gebedslewe. Ek het geleer dat alles wat ek bewustelik in God se teenwoordigheid doen, deel is van my gebedslewe. Dit is bevrydend. Hoe meer ek bid, hoe meer leer ek hoe om te bid. Marina du Plessis
  • Ek het nog altyd gevoel iets skort met my gebedslewe en het baie onsekerheid daaroor gehad. Hierdie kursus het al my vrae beantwoord en het my alles geleer waarna ek gesoek het. Anna Brown

Kliek op die skakels hieronder om die eerste twee dele (Voorblad en Inhoud, asook Deel #1) af te laai en deur te kyk.

OV3#0 Inhoud.pdf

OV3#1 Wat is gebed.pdf


Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad:
kliek hier

.