Die Woorde van Jesus


Die Woorde van Jesus

Die Woorde van Jesus

Jesus was bekend vir sy vermoë om te onderrig. Hy was ‘n gewilde leraar: oral was daar mense wat na Hom kom luister het, selfs baie groot skares. Wat Jesus se onderrig uniek gemaak het, was nie net wat Hy geleer het nie, maar ook hóé Hy dit geleer het. Hy het graag van treffende stellings gebruik gemaak, waarvan heelwat in die spreektaal beland het: "leef deur die swaard, sterf deur die swaard", "die ander wang draai", "'n tweede myl stap", "die sout van die aarde", ens. Hy gebruik ook graag beeldspraak: illustrasies, vergelykings, metafore en gelykenisse. Aangesien ons reeds na Jesus se gelykenisse gekyk het, bestudeer ons in hierdie kursus Jesus se ander korter leringe: uitsprake, vergelykings, metafore en beelde. Reis oor 14 weke saam met ons deur die woorde van Jesus en kyk dieper in sy hart! Hierdie kursus is 'n vervolg op "Die Gelykenisse van Jesus."

Inhoud

1. Inleiding: Die vorme van Jesus se lering

2. Die armes van gees: die aforismes in die saligsprekinge

3. Waar jou skat is: aforismes uit die Bergrede

4. Nie van brood alleen nie: aforismes uit die sinoptiese evangelies

5. Die eerste klip gooi: aforismes uit Johannes en elders

6. Soek en jy sal vind: uitsprake van Jesus in die sinoptiese evangelies

7. So lief het God die wêreld gehad: uitsprake van Jesus in Johannes

8. Dit is volbring! Nog uitsprake van Jesus

9. Let op die voëls: Beelde wat Jesus gebruik

10. Ek is die ware wynstok: metafore uit die evangelies

11. Soos ‘n huis op die rots: Jesus se vergelykings

12. As jou regteroog jou laat struikel: tegnieke wat Jesus gebruik

13. Jesus se wette: paradoks, ekwivalensie, binne-buite e.a.

14. Toepassing: Jesus se boodskap


.