Neem Leierskap is 'n kort maar deeglike inleiding by die tema van leierskap.
Daarmee word AL DIE BASIESE KONSEPTE van leierskap goed behandel.
NEEM LEIERSKAP IS GRATIS!
Die voorwaarde is dat jy jou leraar of leraars se epos(se) na ons sal aanstuur. Ons wil hierdie kursus en ons ander opleiding vir gemeentes aan hulle bekend stel. Ons sal hulle nie agterna nog spam nie en jou naam sal nie genoem word nie (tensy jy toestemming gee).
Leraars en leiers het dikwels goeie materiaal nodig vir die toerusting van hul leiers: ouderlinge, kleingroepleiers, bedieningsleiers, ens. Hierdie kursus is ideaal daarvoor - dis spesifiek gemik op die gereelde byeenkomste van leiers of op 'n leierskamp.
Belangrike nota:
Neem Leierskap is vir ALMAL. Vroeër is leierskap veral gesien as dit wat die "groot", "sterk" of "dinamiese" leiers doen. Die "gebore" leiers. Jy het dit of jy het dit nie... Deesdae word daar ingesien dat leierskap 'n funksie van alle menslike interaksie is. Mense oefen leierskap uit in alle omstandighede waarin hulle saam is, want hulle beïnvloed mekaar. So oefen 'n ma leierskap uit in haar eie huis en gesin, oefen 'n kind leierskap uit onder sy/haar maats, oefen 'n kollega leierskap uit by die werk, ens. Daarom kan almal baat om meer oor leierskap te leer - hoe vroeër hoe beter!
Kyk gerus deur die inhoud en eerste deel van Neem Leierskap hieronder.
NL0 - Voorblad
NL1 - Wat is leierskap?
Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.
Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad: kliek hier