XYZ-Generasie


XYZ-Generasie

XYZ Generasie is 'n baie opwindende kursus!

Die wêreld het heeltemal verander.

Die nuwe generasie ken niks anders nie as om altyd gekonnekteer te wees—met die hele wêreld se inligting, nuus, opinies en tendense in hulle hand, op hul selfoon. Ongelukkig is baie van daardie inligting vals, die nuus afbrekend en die opinies ongeldig. Baie tendense lei weg van God af, nie na God toe nie. Wat doen so ‘n wêreld aan ons denke, ons brein, ons aandagspan, ons emosies, ons verhoudings? Hoe leef mens in so ‘n wêreld? Hoe onderskei mens wat goed en wat sleg is? Bowenal, hoe leef mens vir God in so ‘n wêreld? Dit is die vrae wat ons wil beantwoord.

Ons het 'n kort en kragtige kursus saamgestel (slegs 'n A4 voor en agter, 16 weke), waarin ons hierdie nuwe wêreld bespreek. Kyk net hierdie opwindende temas!

Inhoud

Die nuwe wêreld; generasie-teorie (Boomers, Gen X, Y, Z); sosiale media: die goeie en slegte nuus; post-waarheid, fopnuus, komplotte en feite; stereotipering en swart en wit denke; identiteitspolitiek en kritieke rasse-teorie; ekologie en die klimaat, pandemies en mutasies; digitale verslawing, anhedonie en afstomping; spanning, angs en depressie; verhoudingsprobleme a.g.v. die bg.; Tipe A en Tipe B-aktiwiteite en digital wellness; persoonlike grense; 'n gebalanseerde lewe; die belangrikheid van 'n geestelike lewe.

Vir wie is hierdie kursus bedoel?

  • Vir almal wat aan die X-, Y- en Z-generasie behoort
  • Vir almal wat meer wil weet oor hierdie lewe waarin ons leef
  • Vir almal wat oor ‘n jongmens begaan is
  • Vir almal!

LET WEL: TOESTEMMING

Met hierdie kursus wil ek my persoonlike bekommernis oor die jongmense van vandag aanspreek. Ek gee jou dus toestemming – anders as gewoonlik – om dit weekliks aan ‘n persoon of persone van die nuwe generasie te stuur (of aan ouers van diesulkes). Neem kennis dat die woord “seks” enkele kere voorkom, maar dis steeds heeltemal geskik vir hoërskool-jeug (veral die in die senior grade) en verder. Of stuur dit aan die jeugleier van jou kerk - jy is welkom!

Om 'n gevoel te kry van die kursus se inhoud en voorkoms, kan jy die Voorblad en Inhoud hier aflaai.

XYZ#0 Inhoud.pdf


Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad:
kliek hier

.