In Vrede
In vrede kan ek gaan lê en dadelik aan die slaap raak, want net U, Here, laat my veilig woon. Psalm 4:9 (2020)
Ja, ons WIL in vrede gaan lê en dadelik aan die slaap raak, maar ons KAN nie! Baie mense rol rond, slaap te min en staan moeg op. Slapeloosheid is deesdae 'n probleem wat baie mense pla. In hierdie kort coaching kursus kyk ons na die redes vir slapeloosheid vandag, en beweeg dan deur die belangrikste nie-medisinale intervensies wat vandag vir slapeloosheid aanbeveel word. Van hierdie tegnieke is wetenskaplik bevind om so effektief soos medikasie te wees. Sluit gerus by ons aan vir sewe weke en lê saans jou kop neer ... in vrede! Slaap soos die Here wil hê sy kinders moet slaap—vredevol, herstellend en genoeg.
Die inhoud is soos volg:
Inhoud
1. Slaap en slapeloosheid
Die noodsaak van goeie slaap en die oorsake van slapeloosheid.
2. Slaap-waarhede
Angstige gedagtes wat ons uit die slaap hou en hoe om dit te verhoed.
3. Die slaap-omgewing
Die slaap-omgewing se impak op slaap en hoe om dit te verbeter .
4. Slaaphigiëne
Die daaglikse en aand-gewoontes wat nodig is vir beter slaap.
5. Ontspanning en slaap
Die gebruik van ontspannings- en meditasie-oefeninge om beter te slaap
6. Slaap-beperking
Die laaste uitweg: slaap-beperking—radikaal maar effektief.
7. Lekker slaap!
Toepassings en gevolgtrekkings.
Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.
Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad: kliek hier