#21 Lente-pienk

Tyd vir ons lente-skermprent! Ons maak mos elke seisoen een...

Ek het 'n vrolike en kleurvolle lente-prent gesoek en toe hierdie een gekry. Dis pragtig! Die agtergrond is effe uit fokus, dit lyk amper soos 'n waterverf-skildery. Ek het dit so gedraai dat die icons links op 'n meer neutrale agtergrond staan. 

Dit pryk reeds op my rekenaars en foon! Dit lyk so:

Mooi, né? Ek het dit weereens gemaak in twee weergawes. Laai dit binne vyf sekondes af vir jou rekenaar!

  • vir die standaard (amper vierkantig) rekenaarskerms, probeer hierdie een (1280x1024) - kliek hier
  • vir die breër skerms van o.a. laptops, probeer hierdie een (1366x768): kliek hier (of op die prent hierbo, dis die breë een) - kliek hier

Kliek net op een van die skakels hierbo, laat dit oopmaak en regskliek vir Save Image As...  Dan regskliek jy op die prent - daar waar jy dit gestoor het - en doen Set as Desktop Wallpaper (of soortgelyk). Jy weet sekerlik wat om te doen, of vra 'n jong persoon om jou te help! Ek hoop een van die twee formate werk vir jou skerm. Stel dit dat dit die hele ruimte vul (fill) - as dit nie reg lyk nie (so nie, een van die ander settings).

Geniet dit!!

 

Spring Flowers LANG Fin.png

Spring Flowers STAND Fin.png

 

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –