Ek het ‘n paar jaar gelede, toe my kinders nog so op die grens van tienerwees was gesoek na ‘n “goeie boek” om hulle in die hand te gee, jy weet, soos my pa met my gemaak het om my meer in te lig oor die feite van die lewe. Ek is so bly dat daardie boek nie meer bestaan nie - dit was donkiesjare gelede, natuurlik, nou nie iets “modern” soos "Wat Seuns Wil Weet" nie. O nee, hierdie boek het die hele saak van seks uitgemaak in swart en wit terme: aan die een kant hoe die toorn van die Here, blindheid, bleekheid en moegheid jou lot sal wees as jy nie oppas waar jy vat nie en aan die ander kant hoe edel en subliem die heilige, maar geheime "huweliksdaad" is. Sjoe, dit het mens na beide kante toe behoorlik afgeskrik, wat dalk die doel was... In elk geval, toe ek iets op die rakke van die geestelike boekwinkels gesoek het, was daar niks nie. Ek het toe besluit om self iets te skryf, wat ek gedoen het. ‘n Uitgewery het toe die boek REGUIT RAAD OOR SEKS VIR SEUNS/DOGTERS aanvaar vir uitgawe. Daardie boekie is egter nou (haas) uitverkoop.
Dis egter die ou nuus... die nuwe nuus is nog 'n boek!
DIE NAAKTE FEITE - vir seuns en dogters, 12 plus...
Die nuwe nuus is dat CUM-Uitgewers 'n spinternuwe boek goedgekeur het in dieselfde trant. Ons het van voor begin en 'n hele nuwe boek geskryf. Ons het 56 reguit seksvrae van tieners ewe reguit beantwoord. Dis REGUIT hoor, maar moenie skrik nie, die nuwe generasie ken reeds daardie terme - daar is immers 'n TV in hulle sitkamer en die hele internet op hulle selfoon! Ons moet net vir hulle die ware feite gee en 'n Christelike waardesisteem rondom dit verskaf. Dit gaan eintlik nie oor die feite nie (die skool gee dit ook in detail), maar om leiding te verskaf aan jong mense in 'n totaal geseksualiseerde wêreld. Ideaal gesproke is die beste geslagsvoorligting nie 'n boek-in-die-hand nie, maar 'n gesprek tussen pa en ma - maar 'n boek kan so 'n gesprek fasiliteer. My neef Timothy Kieswetter, 'n kenner van seksuologie, het die meer biologiese en seksuologiese vrae beantwoord en ek die meer morele en Bybelse vrae. Dis nie geskei tussen seuns en meisies nie.
Die lys vrae is onderaan hierdie blad. Hier is wat 'n ma vir my geskryf het:
Ek het jou seksboekie verlede jaar vir my dogter (toe 12 jaar) gegee. Sy was vreeslik beïndruk, tot my verbasing, want tieners is mos redelik onbeïndrukbaar, veral met goed wat hulle ouers gee of voorstel. Sy het selfs 'n hele paar keer vir my goed kom wys wat sy daarin gelees het. Het ook gesê sy dink die boekie/skrywer is baie 'cool' - high praise indeed!
Elke ouer het die verantwoordelikheid om hul kinders oor seks leiding te gee!
Hierdie oulike boek is tans uitverkoop by CUM-winkels. Doen asseblief navraag by Timothy Kieswetter (admin@gesondeseks.co.za) wat nog voorraad het.
NAAKTE FEITE - 56 vrae oor seks wat jy nog altyd wou vra
VRAE OOR ‘N SEUN SE LIGGAAM
#1 Hoe werk ʼn seun se seksorgane?
#2 Ek is besig om te verander! Wat nou?
#3 Waarom kry ek soggens ʼn ereksie?
#4 Ek het in die nag ʼn “nat droom” gehad – wat is dit?
VRAE OOR ‘N MEISIE SE LIGGAAM
#5 Hoe werk ’n meisie se seksorgane?
#6 Wat gebeur tydens puberteit met ʼn meisie?
#7 Wat is menstruasie – hoe werk dit?
#8 Wat gebeur tydens ovulasie?
#9 Hoe moet ʼn meisie haar menstruasie hanteer?
#10 Wat is PMS?
#11 Hoe werk swangerskap?
#12 Wanneer is ʼn meisie ʼn maagd?
VRAE OOR BEKOMMERNISSE
#13 Ek het nog nie begin ontwikkel nie – is ek ok?
#14 Ek is bekommerd – my organe lyk nie reg nie
#15 Ek dink dikwels aan seks – is ek ʼn maniak?
VRAE OOR SEKS SELF
#16 Wat is seks nou eintlik?
#17 Wat is die doel van seks?
#18 Is seks regtig die eerste keer seer?
#19 Is seks lekkerder vir ’n man of vir ’n vrou?
#20 Hoe werk seks in die huwelik?
#21 Wanneer is mens reg vir seks?
#22 Is dit verkeerd om ongetroude seks te hê?
#23 Op TV is dit dan oukei om met verskeie mense seks te hê?
#24 Hoekom laat almal seks soos die grootste sonde klink?
#25 Hoe keer ʼn mens dat ʼn meisie swanger word?
#26 Wat word bedoel met safe sex?
#27 Ek hoor hulle praat van orale seks – wat is dit?
#28 Wat is anale seks? Is dit oukei?
#29 Wanneer is dit seks en wanneer vry ons maar net?
NOG SEKSUELE VRAE
#30 Watter gedagtes het ’n seun oor seks?
#31 Wat dink meisies regtig oor seks?
#32 Ek masturbeer gereeld – is dit normaal?
#33 Is masturbasie verkeerd?
#34 Wat is pornografie? Hoekom kyk mense dit?
#35 Hoekom is mense teen pornografie?
#36 Wat is homoseksualiteit?
#37 Hoekom is sommige mense gay of lesbies?
#38 Hoe weet jy of jy dalk gay of lesbies is?
#39 Wat sê die Bybel van gay wees?
#40 Is dit waar dat mens siektes kan kry deur seks?
#41 Wat is VIGS – is dit regtig so gevaarlik?
#42 Hoe kry mens VIGS?
#43 Wat is verkragting?
#44 Wat moet ek doen as ek hoor iemand is verkrag?
#45 Wat bedoel hulle as hulle sê iemand is gemolesteer?
#46 Hoekom is almal so ongemaklik om oor seks te praat?
VRAE OOR VERHOUDINGS EN SEKS
#47 Hoekom moet ek oor seks leer by my vriende?
#48 Met wie kan ek oor ‘n seksuele probleem praat?
#49 Wanneer moet ek nee sê vir seks?
#50 Hoe verskil seuns en meisies oor seks en verhoudings?
#51 Is verhoudings met ander rasse ok?
#52 Gaan ek ok wees - is ek aantreklik genoeg?
#53 Hoe ontmoet ek die regte persoon vir my?
#54 Hoe kan ek ‘n goeie verhouding bou met iemand?
#55 Wat is die belangrikste advies vir my oor seks?
#56 Hoekom moet ek my aan die Bybel steur oor seks?
Replies