Hier is ek, Here!

9722691467?profile=RESIZE_400x

Hier is ek, Here

Hierdie boek is 'n pragtige verwerking van ons dagstukkie-reeks, Volg My, wat gaan oor persoonlike dissipelskap. Ons dek al die temas van die geestelike lewe. Vir 'n jaar lank dek ons temas soos 'n verhouding met God, geestelike groei, gebed, die Woord, die Heilige Gees, versoekings, sonde, oorwinning, die geestelike stryd, ons getuienis, ons innerlike lewe, vind jou ware self en vele meer. Ons doel is om baie prakties te wees. Aan die hand van aanhalings uit die evangelies, leer ons wat Jesus vir ons oor hierdie temas wil leer. Groei as 'n dissipel!

Ek sê: "dis nie 'n boek nie, dis 'n kursus!"

Hier is ek is bedoel vir elke kind van God, nie net nuwe Christene nie. Elke Christen moet iewers 'n sistematiese dissipelskap-program deurwerk, ook die wat reeds lank op die pad is. Trouens, van ons temas is gevorderd. Moet ook nie geflous word deur die sagte (en pragtige) kunswerk nie - dis nie (net) 'n vroueboek nie. Dis 'n boek vir mans en vroue. 

Ons volg die temas van ons kursus, Geestelike Vorming, en as jy wil kan jy meer daaroor lees by hierdie skakel.

Hier is ek is beskikbaar by CUM Boekwinkels en ander goeie boekwinkels. Soek gerus by Exclusive Books, Bargain Books en PNA. Anders kan jy dit aanlyn bestel by CUM by die skakels hieronder, of kyk by Loot of Takealot. Hier is ek is ook 'n waardevolle geskenk!

Hier is ek is ook beskikbaar in Engels as Here I am.

Afrikaans: https://cumbooks.co.za/products/hier-is-ek-here-hardeband

Engelshttps://cumbooks.co.za/products/here-i-am-lord-hardcover


  • Amanda skryf: Ek het gister die boek van jou gekoop. Dis 'n gemaklike leesboek. Kort en saaklik is jou boodskappe. Dis my dagstuk boek vir die nuwe jaar - ek gaan hom geniet. Baie seëninge vir jou. 

 

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Replies are closed for this discussion.