Genoeg teorie!
Ons is nou al deeglik deur die beginsels van volgelingskap, die geestelike lewe, die dieper lewe. Ons het al dikwels gedeel oor gebed, die Woord en ander geestelike dissiplines. Ja, ons is diep ingelei in wat ‘n geestelike lewe behels! Nou moet ons egter na die praktyk van ons Christenskap ook kyk. ‘n Verhouding met God word immers uitgeleef in die wêreld, in die alledaagse nege tot vyf – in die “gewone lewe”. Dáár moet die geestelike lewe grondvat – anders “werk” dit nog nie vir ons nie! Onthou:
Die geestelike lewe is die gewone lewe, wat ons geestelik leef.
Ons mag nie die geestelike lewe beperk tot Sondae, die kerk of die godsdiens nie. Dis glad nie die bedoeling nie! Waar die Here heers, heers Hy oor AL die aspekte van my lewe: ook oor my humeur, my verhoudings, my politiek en my beursie! Ons vraag is dus: HOE LEEF ‘N CHRISTEN PRAKTIES? Hoe hanteer ‘n Christen ‘n moeilike situasie by die werk, hoe ry ‘n Christen in die verkeer, wat doen ‘n Christen met ‘n bedelaar by ‘n verkeerslig, hoe spandeer ‘n Christen sy geld, hoe verkeer ‘n Christen sosiaal, hoe baklei ‘n Christen in die huwelik – hoe lyk Christene se sekslewe? Ja, DIS die vrae wat ons wil antwoord!
Om hierdie vrae te antwoord is IN PRAKTYK opgestel. Oor 45 weke kyk ons na die mees algemene en alledaagse temas en vra: hoe doen 'n Christen dít? Ja, ons LEEF ANDERS as die wêreld! Ons temas is die volgende:
- ‘N CHRISTEN SE GEWONE LEWE (Eet en drink; In die verkeer; Weggooi en bewaar; Politiek en geregtigheid; Geniet en genot; Hanteer jou stres, ens.)
- ‘N CHRISTEN BY DIE WERK (Produktiwiteit en luiheid; Verhoudings en konflik; Eerlikheid en integriteit; Werk en huis: grense; Leierskap en mag, ens.)
- ‘N CHRISTEN SE WOORDE (Feitelikheid en waarheid; Skinder en saamskinder; Beloftes maak skuld; Vloek en skel, ens.)
- ‘N CHRISTEN SE SOSIALE LEWE (Drink en rook; Wêreldse gewoontes; Hanteer verslawings; Leer respek)
- ‘N CHRISTEN SE GELDSAKE (Bedelaars en belange; Altyd die armes; Tiendes en offers; Spandering en spaar; Skuld en borgskap, ens.)
- ‘N CHRISTEN SE VERHOUDINGS (Vind ‘n maat; Seks in die huwelik; Seks buite die huwelik; Leer kommunikeer; Konflik in jou verhoudings, ens.)
- ‘N CHRISTEN SE GEESTELIKE LEWE (In en uit die kerk; Hanteer versoekings; Leef jou getuienis; Leer om te dien; Stiltetyd en dissiplines, ens.)
Telkens kyk ons na wat die Bybel sê, na die beginsels betrokke en dan raak ons heeltemal prakties met wenke. IN PRAKTYK leer ons 'n LEWENSTYL wat God eer. Lees wat sê C.P.
Baie dankie vir die week se deel. Ek geniet die reeks verskriklik baie want dis só van toepassing. Kan nie wag om hierdie week se deel te behandel nie!
Laai gerus hierdie voorbeeld gratis af:
In Praktyk Voorblad en Deel 1 vir ISSUU.pdf
Skryf dan in by die skakel hieronder gegee. Kontak ons gerus as jy 'n probleem het!
Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad: kliek hier
Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is.
Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei.
Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.
Replies