Jesus Notas

10994851095?profile=RESIZE_400x

 Jesus Notas is 'n kursus oor 40 weke oor Jesus Christus. 

Ontvang elke week dieper insig oor die Meester.

Die kursusinhoud is soos volg: 

1) Die wêreld van Jesus - 'n inleiding in die fisieke, politieke, geestelike en kulturele Palestina van 2000 gelede.  Dit verskaf die setting waarbinne ons Jesus beter kan verstaan.

2) Die persoon van Jesus - 'n inleiding in Jesus se familie, vorming, roeping en lewensloop.  Jesus se bediening begin!

3) Die optrede van Jesus - in hierdie deel kyk ons na Jesus se geestelike lewe, sy wonders, sy verhoudings, sy emosies en sy verbintenis tot sy lewensdoel.

4) Die beginsels van Jesus - in hierdie deel (die langste deel) sal ons probeer om Jesus se kerngedagtes te isoleer.  Wat is regtig vir Jesus die ononderhandelbares? 

5) Die oproep van Jesus - in hierdie laaste deel sal ons kyk na Jesus se appèl op elke mens: wat vra Hy spesifiek van my en jou?  Daarmee sluit ons af.

Met hierdie kursus sal jy 'n baie dieper besef kry van wie Jesus was, wat Hy gedoen het, en wat Hy vra. Diegene wat Jesus Notas ontvang, sê 'n nuwe wêreld het vir hulle oopgegaag oor wie Jesus was. Ek bid dat dit jou sal inspireer om in groter oorgawe aan die Meester te leef!

Laai hier die eerste dele af:

JNA - Voorblad

JN1 - Geografie

 

2386233854?profile=RESIZE_180x180Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL hieronder:

3822600595?profile=RESIZE_710x

 

 


 

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –