Langs die Pad Julie 202

0d76142955b2f53ad2d8f93351a426139243a750.png?profile=RESIZE_400xHallo Padlangs-vriend!

 

Sjoe, met hierdie derde CoVid-golf het veel meer mense wat ons ken siek geword en een kollega is steeds ernstig siek in die hospitaal. Wees asseblief super-versigtig! Die ligpunt is dat die entstowwe nou al hoe meer beskikbaar word. In dié verband wil ek die volgende sê, ter wille van lewens en van die waarheid:

  • Entstowwe is bewese medisyne wat al honderdduisende lewens gered het. Die CoVid-entstowwe is veilig (alle medisyne dra risiko’s, lees maar enige voubiljet), en in alle geval veel, veel veiliger as om CoVid self te kry. Duisende miljoene mense is al geënt (tans 31.5 miljoen per dag) en enige newe-effekte is uiters gering.
  • Die nuwe manier (mRNA) waarop sommige entstowwe werk, is wel relatief nuut, maar die tegnologie daaragter word al 10 jaar ontwikkel. Dis eintlik ‘n veel beter manier om entstowwe te maak en is bewys as veilig en effektief. Dis deur dieselfde toetse as ander entstowwe. Onthou, die tegnologie agter entstowwe is al baie meer gevorderd en dit word veel vinniger ontwikkel as vroeër.
  • Natuurlik is daar altyd ‘n kundige hier en daar wat besware opper, en dis hul reg, maar ek luister eerder na die 99 viroloë as na die 1. Laat ek ook reguit sê dat ek aan g’n groot komplot rondom CoVid of die vaksienes glo nie. Oor 5G, DNA wat verander, Bill Gates en die vele ander komplot-teorieë sal ek my nie eers uitlaat nie. Moet asb. nie leuens glo nie.

Ons moet besef dat die virus nie net deur natuurlike immuniteit sal oorgaan nie. Soos griep muteer die virus en sal ons gedurig nuwe golwe en variante moet verwag, telkens (noodwendig) erger as die vorige. Ons kan nie nog jare se inperkings, siektes en sterftes bekostig nie. Hou gouer dit gestop kan word, hoe beter. Jy kry die inentings nie net vir jouself nie, maar ook vir ander.

Ja, ek prys die Here dat ek my eerste inenting gekry het – watter voorreg!

abe14390e7cb9c4993561d17291f3a2d488eefe6.jpeg?profile=RESIZE_710x

Ten slotte

1. Ek het weer saam geskryf aan ‘n boek, MANS GENOEG 2. Dis ‘n opvolg op die vorige MANS GENOEG en gaan hierdie keer oor die geloof en waardes wat ‘n pa aan sy seun wil oordra. ‘n Goeie geskenk! Kliek op hierdie skakel om dit by Carpe Diem se Goedvoel-winkel te bestel, nou teen 50% afslag! 

2. Ons Geestelike Vorming-Skool het onlangs begin en jy kan steeds daarby aansluit. Dis ‘n sistematiese program oor wat ‘n verhouding met God behels en sluit notas, video’s en ‘n aanlyn-klas in. Sluit by hierdie Facebook groep aan as jy gereeld die inligting wil ontvang.

3. Behalwe ons e-pos lys en Facebook, is daar nog twee maniere om ons dagstukkies te bekom:

  • Ons oudio-dagstukkies per WhatsApp, voorgelees deur Olga Maartens. Kliek op hierdie skakel van jou foon af om by die groep aan te sluit. Luister sommer daarna in die motor!
  • Ons Engelse dagstukkies word ook per e-pos uitgestuur. Kliek op hierdie skakel om op die lys te kom, en versprei ook die woord aan jou Engelse vriende. 

Dis al vir hierdie keer. BAIE DANKIE aan elke vriend en vennoot van ons bediening, en vir elke briefie en alle ondersteuning. Dis lekker om saam met julle te werk. Waardeer dit so baie...

Bly warm, bly veilig en bly onder die seën van die Here!

Jimi en Maryke

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –