Ons oordenkings is ook daagliks beskikbaar in klankformaat
Olga Visser Millard lees ons oordenkings professioneel voor en plaas dit daagliks op ons Facebook-blad, asook op 'n WhatsApp-groep. Sy het 'n drama-agtergrond, was 'n hoof in die onderwysdepartement van Namibië en doen tans skryf- en vertaalwerk. Sy werk met Daaglikse Stilte omdat sy graag iets vir die Here wou doen. Haar voorlesings gaan al jare gereeld en op hoë standaard uit - dankie Olga!
Luister gerus daarna - om 'n oordenking te hoor is 'n heeltemal ander ervaring as om dit net te lees. Dis lekker om in die motor of die gym daarna te luister en is nuttig oral waar lees 'n probleem is. Ons voorlesings is beskikbaar op Facebook, WhatsApp en Telegram:
- Kliek hier om na ons Facebookblad te gaan en luister daagliks daar.
- Die voorlesings word tans hier geplaas, op YouTube.
- Volg hierdie skakel (van jou foon) om lid van die WhatsApp groep te word: https://chat.whatsapp.com/CNAbaso07lI4Cc5w8clF0g
- Gebruik hierdie skakel om by die Telegram groep aan te sluit: https://t.me/daaglikse_stilte_jimi_le_roux
Replies