Veertig Vroue

10896235687?profile=RESIZE_710x

Veertig Vroue

Die Bybel verwys na honderde vroue. Daar is leidsters en rigters, heldinne en koninginne, minnaresse en profetesse, slagoffers en sondaars, verleidsters en verworpenes,  matriarge, moeders en dogters. Bybelse vroue is dikwels sterk figure, vroue wat ingryp, wat die situasie omkeer, wat radikaal op hulle geloof reageer. In hierdie kursus fokus ons op veertig vroue in die Bybel met die doel om hulle te verstaan, om hulle te eer (as hulle eer waardig is, want ons kyk ook na vroue wat boos was) en om van hulle te leer. Ons behandel die volgende Bybelse vroue:

Eva | Sara | Hagar | Rebekka | Lea | Ragel | Sippora | Jogebed | Mirjam | Ragab | Delila | Rut | Naomi | Hanna | Migal | Abigail | Batseba | Tamar | Kandake | Die Sulemitiese | meisie | Isebel | Atalia | Gefsiba | Ester | Gomer | Moeder Maria | Elisabeth | Anna | Maria van Betesda | Martha | Die vroue-dissipels | Maria Magdalena | Die Samaritaanse vrou | Die owerspelige vrou | Die siek vroue | Veronika | Tabita | Loïs | Priscilla | Lidia

Veertig Vroue is ideaal vir jou eie groei, of vir 'n vrou in jou lewe, of vir die vroue-groep! Lees meer oor ons kursusse hieronder en skryf in by die skakel hieronder. Skryf gerus as jy 'n probleem hiermee het of 'n vraag wil vra.

Veertig Vroue begin in Januarie 2023 en duur veertig weke.

Laai die eerste dele van Veertig Vroue hier af, om te sien hoe die kursus lyk

40V#0 Voorblad

40V#1 Eva

 

 

2386233854?profile=RESIZE_180x180Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad: kliek hier of hieronder:

 

3822600595?profile=RESIZE_710x

 

 

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –

Replies

  • Naand Jimi My debietorder gaan nie meer deur virR150 p.m. nie. Sal jy asb 'n nuwe debietorder deurgee vir R200 per maand?
    • Ons maak so, dankie Rianda!
This reply was deleted.