Verwysings
Die volgende persone is my amptelike referente:
Richard Verreynne
Ds Verreynne was vir jare die moderator van die Christelike Gereformeerde Kerk in SA en is ‘n bekende in Suid-Afrikaanse ekumeniese en sendingkringe.
E-pos: rmverreynne@telkomsa.net
Gary Kieswetter
Gary Kieswetter is ‘n bekende prediker in Suid-Afrika, asook my swaer, vriend en broer in die geloof van baie jare.
E-pos: gary@diebron.co.za
Bill Price
Bill Price is ‘n bekende persoon in Suid-Afrika, in kerklike en besigheidskringe, ‘n pionier van coaching in SA en die stigter en hoof van die VIP Leadership and Coaching Academy.
E-pos: bill.price@me.com
Die volgende sal ook iets van my kan getuig...
- Dr Johan Geyser (leier van Mosaïek Gemeente) - hy het my van een plek na 'n ander plek gevat, my definisie van "leierskap". Ek dink steeds aan hom as 'n mentor
- Prof Stefan Joubert (skrywer, akademikus en geestelike leier) - Stefan rig leiers om hom op sonder om te vrees vir sy eie leierskap, wat hom net 'n nog groter leier maak
- Ds Trevor Hudson (skrywer, prediker en geestelike leier) - 'n Christen wat Christenskap lééf. Trevor laat my aan Jesus dink - en ek sê dit nie maklik nie
- Dr Willem Nicol (skrywer en kontemplatiewe leier) - ek het die diepste respek vir Willem se reis, sy insig en sy geestelikheid. In 'n woestyn van enersheid het hy 'n nuwe pad gewys
- Dr Koos van der Merwe (leraar, skrywer, sanger) - Koos het my Bybel vir my laat oortrek en my geïnspireer om ook te probeer dig. Ek wéns ek het sy kreatiwiteit gehad, maar life is unfair
- Dr Theo Geyser - Theo is 'n pionier, 'n voorloper en 'n fyn en kunstige siel, wat my vaal laat voel. Ek voel eintlik net geëerd om hom te ken
- Ds Riekert Botha (leraar, skrywer en radio-persoonlikheid) - ek lóve Riekert se persoonlikheid en wag steeds vir die kans om saam met hom die "Enigste Regte Kerk" te stig