InPraktyk REEKS


InPraktyk REEKS

InPraktyk Reeks

Vanaf 1 April 2024 met #5161

Ek het besluit om die mees praktiese reeks oordenkings van my lewe te maak! Ons gaan gesels oor hoe Christene eet en drink, in die verkeer bestuur, by die werk optree, hul stres (en humeur) hanteer en vele meer. Die redes vir hierdie reeks is die volgende:

  • Ons oordenkings is dikwels baie geestelik, vir sommige selfs "super-spiritual" en soms soek Christene iets meer prakties en bruikbaar (hieroor kan ek baie sê, maar ek sal nie nou nie) :-)
  • 'n Navraag onder ons lesers het daarop gedui dat werklike, praktiese, alledaagse uitdagings 'n probleem is: hoe moet hulle reageer teenoor 'n taxi wat voor hulle inswaai, wat moet hulle doen met die bedelaars in die strate - sulke dinge. 'n Lidmaat het vir ds. Cassie Carstens gesê: "Jou preke help my net op Sondae. Wanneer preek jy preke wat my sal help van Maandae tot Vrydae?" (of so iets, ek haal vryelik aan). Toe het ds. Cassie begin om te preek oor geld, tydsbesteding, die werksomgewing, huwelik en seks - die werklike praktiese dinge, die "gewone lewe". Sê ons dan nie dat die geestelike lewe die gewone lewe is, wat ons geestelik leef nie? Dis presies waaroor dit gaan!
  • Die Bybel is absoluut vol soortgelyke advies. Die Wet van Moses skryf die gewone lewe in absolute detail voor, die wysheidsliteratuur (bv. Spreuke, Prediker, Jakobus) is vol alledaagse temas (opvoeding, vroue, harde werk, geld - selfs jou werksdiere) en ook Paulus gee uitvoerige advies oor eet en drink, die huwelik, ons verhouding met die regering en so aan. In die Skrif beteken "bekering" om jou lewe in lyn met God se wil te kry!
  • Onthou dat ek 'n gekwalifiseerde life coach is - ons oordenkings en kursusse gaan dikwels oor algemene lewenstemas.

Let wel, ek kan nie in elke situasie voorskryf hoe jy moet optree nie, want ek is nie die Heilige Gees nie. (Soms sal ek self vir 'n taxi-bestuurder bid en ander kere sal ek vir hom toet totdat hy al om die blok is!) Ek kan egter die Skrifbeginsels vir jou gee, sodat jy weet wat God verwag en dan moet die Heilige Gees jou self lei in elke spesifieke situasie.

Hierdie reeks is gebaseer op 'n ouer kursus van ons, In Praktyk, maar ek het dit effens uitgebrei en verbeter. Ek het ook die kursus beter uitgelê en as jy 'n samevatting van die hele reeks wil hê - al die temas wat ons gaan dek - kan jy hier kyk, en selfs die kursus by ons bestel.

Kom ons maak ons geloof prakties! Laat weet hoe jy die InPraktyk Reeks beleef.


Die volledige lys temas is hier:

‘N CHRISTEN SE GEWONE LEWE
#1 Eet en drink
#2 In die verkeer
#3 Weggooi en bewaar
#4 Politiek en geregtigheid
#5 Geniet en genot
#6 Hanteer jou stres
#7 Hanteer jou humeur
#8 Media en anhedonie
#9 Leef gesond

‘N CHRISTEN BY DIE WERK

#10 Produktiwiteit en luiheid
#11 Verhoudings en konflik
#12 Eerlikheid en integriteit
#13 Werk en huis: grense
#14 Persoonlike groei
#15 Leierskap en mag

‘N CHRISTEN SE WOORDE

#16 Feitelikheid en waarheid
#17 Skinder en saamskinder
#18 Leer die volgende woorde
#19 Leer om te getuig
#20 Praat seën, praat geloof

‘N CHRISTEN SE SOSIALE LEWE

#21 Drink en rook
#22 Wêreldse gewoontes
#23 Hanteer verslawings
#24 Leer respek

‘N CHRISTEN SE GELDSAKE

#25 Altyd die armes
#26 Bedelaars en belange
#27 Tiendes en offers
#28 Spandering en spaar
#29 Skuld en borgskap
#30 Voorreg en status

‘N CHRISTEN SE VERHOUDINGS

#31 Vind ‘n maat
#32 Seks in die huwelik
#33 Seks buite die huwelik
#34 Leer kommunikeer
#35 Hoofskap en helperskap
#36 Konflik in jou verhoudings
#37 Vergiffenis en versoening
#38 Eer jou vader en moeder
#39 Kinders en opvoeding

‘N CHRISTEN SE GEESTELIKE LEWE

#40 In en uit die kerk
#41 Konflik onder broers
#42 Kom in bediening
#43 Hanteer versoekings
#44 Leer om te dien
#45 Stiltetyd en dissiplines

.