#19 Nog 'n sonop voor!

Ek het weer 'n sonop-pad gekies. Die lewe is mos 'n reis (en PADLANGS gesels mos oor daardie reis), so ek assosieer sterk met paaie: hoofweë, teerstrate, agterstrate, kronkelpaadjies, toegegroeide paadjies deur die bosse, sandspore oor die duin, tot by die see. Ek hou van paaie deur die nag, paaie onderdeur donker wolke, paaie deur die Karoo, deur groot stede (ja, in die nag) - enige pad! Behalwe dalk nou kortpaaie, né - gee my eerder die scenic route. Gee my die road trip! In elk geval, die beste pad is die pad na die sonsopkoms toe, en hier is nou weer een. Mooi, né? 

Ja, dis pragtig - die dag breek en dan stop ons by die Ultra City en koop koffie. Moenie sê dis 'n sonsak nie, dis 'n sonsopkoms! Ek weet dit net.

Ek het dit weereens gemaak in twee weergawes. Laai dit binne vyf sekondes af vir jou rekenaar!

  • vir die standaard (amper vierkantig) rekenaarskerms, probeer hierdie een (1280x1024) - kliek hier: Sunrise-2-STAND-1280x1024.jpg
  • vir die breër skerms van o.a. laptops, probeer hierdie een (1366x768): kliek hier (of op die prent hierbo, dis die breë een): Sunrise-2-LANK-1366x768.jpg

Kliek net op een van die skakels hierbo, laat dit oopmaak en regskliek vir Save Image As...  Dan regskliek jy daarop - op die naam daarvan né, daar waar jy dit gestoor het - en doen Set as Desktop Wallpaper. Jy weet sekerlik wat om te doen - of vra 'n jong persoon om jou te help! Ek hoop een van die twee formate werk vir jou skerm. Stel dit dat dit die hele ruimte vul - as dit nie reg lyk nie.

As jy wil terugkeer na die web-blad, druk "Terug" (Back) - pyltjie na links, links bo aan jou skerm. Ai...

Geniet dit!

 

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –