Tyd vir 'n nuwe skermprent!
Ek het hierdie foto op die 2de Junie geneem op Melkbaai, waar ek meeste middae gaan stap. Dit was bewolk en die strand was leeg - 'n regte wintertoneel. Ek het dit na twee geskikte groottes toe verander, Maretha Maartens se winter-waarheid daarop aangebring asook ons besonderhede - ons dagstukkies word nou geleidelik as DAAGLIKSE STILTE bekend gestel.
Ek dink dis pragtig en dit pryk reeds op my rekenaars en foon! Dit lyk so:
Ek het dit weereens gemaak in twee weergawes. Laai dit binne vyf sekondes af vir jou rekenaar!
- vir die standaard (amper vierkantig) rekenaarskerms, probeer hierdie een (1280x1024) - kliek hier
- vir die breër skerms van o.a. laptops, probeer hierdie een (1366x768): kliek hier (of op die prent hierbo, dis die breë een) - kliek hier
Kliek net op een van die skakels hierbo, laat dit oopmaak en regskliek vir Save Image As... Dan regskliek jy daarop - op die naam daarvan né, daar waar jy dit gestoor het - en doen Set as Desktop Wallpaper. Jy weet sekerlik wat om te doen - of vra 'n jong persoon om jou te help! Ek hoop een van die twee formate werk vir jou skerm. Stel dit dat dit die hele ruimte vul (fill) - as dit nie reg lyk nie.
Geniet dit!
Replies