Ek het weer 'n skermprent gemaak (my woord vir 'n rekenaarskerm se "wallpaper" of agtergrond-beeld, maar ek skenk dit met graagte aan die Taal, dis kort en kragtig)... :-) Hierdie keer wou ek ons kursusse onderstreep. Die grafika is wat ons algemeen gebruik vir ons kursusse, ek hoop jy hou daarvan. Dit lyk so:
Dis mooi! Ek het dit weereens gemaak in twee weergawes. Laai dit binne vyf sekondes af vir jou rekenaar!
- vir die standaard (amper vierkantige) rekenaarskerms, probeer hierdie een (1280x1024) - kliek hier
- vir die breër skerms van o.a. laptops, probeer hierdie een (1366x768): kliek hier (of op die prent hierbo, dis die breë een) - kliek hier
Kliek net op een van die skakels hierbo (of hieronder), laat dit oopmaak en regskliek vir Save Image As... Dan regskliek jy op die prent - daar waar jy dit gestoor het - en doen Set as Desktop Wallpaper (of soortgelyk). Jy weet sekerlik wat om te doen, of vra 'n jong persoon om jou te help! Ek hoop een van die twee formate werk vir jou skerm. Stel dit dat dit die hele ruimte vul (fill) - as dit nie reg lyk nie (so nie, een van die ander settings).
Geniet dit!
Replies