Hallo daar!
Ek was weer lus vir 'n mooi nuwe skermprent. Kyk net hierdie mooi kleure. Hierdie grysgroen-turkoois is tans populêr, juis saam met wit, grys en vuilpienk. Die pienk blomme is natuurlik rose en die wittes renonkels. Die eukaliptus pas perfek by die kleure. Ek wil eintlik hierdie tipe groen in een van ons kursusse gebruik, maar om een of ander rede lyk groen net nooit reg as ek dit gebruik nie. In elk, geval, nadat ek ons goed bygesit het, lyk dit soos hieronder:
Mooi, nie waar nie?
Ek het dit weereens gemaak in twee weergawes. Laai dit binne vyf sekondes af vir jou rekenaar!
- vir die standaard (amper vierkantige) rekenaarskerms, probeer hierdie een (1280x1024) - kliek hier
- vir die breër skerms van o.a. laptops, probeer hierdie een (1366x768): kliek hier (of op die prent hierbo, dis die breë een) - kliek hier
Kliek net op een van die skakels hierbo (of hieronder), laat dit oopmaak en regskliek vir Save Image As... Dan regskliek jy op die prent - daar waar jy dit gestoor het - en doen Set as Desktop Wallpaper (of soortgelyk). Jy weet sekerlik wat om te doen, of vra 'n jong persoon om jou te help! Ek hoop een van die twee formate werk vir jou skerm. Stel dit dat dit die hele ruimte vul (fill) - as dit nie reg lyk nie (so nie, een van die ander settings).
Geniet dit!
Replies