#30 Blou perdeblomme

Hallo daar!

Ek het lanklaas 'n skermprent gemaak. My rekenaars (en selfoon) vertoon seker al 'n jaar lank die pienk-groen-wit rose en renonkels van ons laaste skermprent. Dis mooi, maar dit was tyd vir iets anders. Ek wou weer iets in blou doen, omdat ek een van die 50% mense op aarde is wat "blou" kies as hulle gunsteling kleur. Ek kry toe hierdie perdeblomme (dandelions) met doudruppels op en sit toe ons inligting by. Enkele jare gelede het ons perdeblomme in turkoois gehad, maar hierdie is 'n nuwe een. Dit lyk so:

10643369254?profile=RESIZE_710x

Mooi, nie waar nie? 

Ek het dit weereens gemaak in twee weergawes. Laai dit binne vyf sekondes af vir jou rekenaar!

  • vir die standaard (amper vierkantige) rekenaarskerms, probeer hierdie een (1280x1024) - kliek hier
  • vir die breër skerms van o.a. laptops, probeer hierdie een (1366x768): kliek hier (of op die prent hierbo, dis die breë een) - kliek hier

Kliek net op een van die skakels hierbo (of hieronder), laat dit oopmaak en regskliek vir Save Image As...  Dan regskliek jy op die prent - daar waar jy dit gestoor het - en doen Set as Desktop Wallpaper (of soortgelyk). Jy weet sekerlik wat om te doen, of vra 'n jong persoon om jou te help! Ek hoop een van die twee formate werk vir jou skerm. Stel dit dat dit die hele ruimte vul (fill) - as dit nie reg lyk nie (so nie, een van die ander settings).

Geniet dit!

 

pexels-anthony-STAND-fin.png

pexels-anthony-LANG-Fin.png 

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –