4444 Sy egte tempel 

4 Moet julle vertroue nie stel op bedrieglike woorde deur te sê, 'Die tempel van die HERE, die tempel van die HERE, die tempel van die HERE is dit!' nie. Jer. 7:4 BDV 

Toe die Jode in Jerusalem deur die Babiloniërs vasgekeer is, het dit baie sleg begin gaan met die inwoners. Van die profete en priesters het toe verkondig dat oorwinning net om die draai is, want Jerusalem was God se stad, met sý tempel. Hy sal mos nooit sy tempel verlaat nie? Jeremia se droewige boodskap was egter dat God lankal sy stad en tempel verlaat het, as gevolg van hulle sonde. Hulle woorde het vroom geklink, maar hulle harte was sleg. Trouens, sy aanbeveling was dat hulle hul aan die vyand moes oorgee. Dit was hul enigste hoop. Daardie waarheid was nie baie populêr nie!  

Nee, ‘n tempel is net ‘n simbool, en godsdiens net ‘n instrument. Die Here woon eintlik in die harte van mense – dís sy egte tempel! Godsdiens moet jou help om God werklik in jou hart – die middelpunt van jou lewe – te ontvang. Dan is godsdiens goed. Slegte godsdiens staan in die plek van ‘n verhouding met God. Ja, godsdiens kan Godloos raak. 

Hemelse Here, verhoed dat ek godsdiens het, maar nie God nie. Ek wil nie net vorder in die kerk nie, ek wil vorder in my verhouding met U. Neem u plek in die middel van my lewe, op die troon van my hart! Amen. 

BEDINK VANDAG: God woon in mense. 

  • Om in te skryf op hierdie gratis oordenkingskliek hier. 
  • Jy kan ook na hierdie oordenking luister op ons Facebook-Blad, kliek hier 
  • Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options. 
  • © 2021 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com 

8862921086?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –