4445 Wees maar klei

1 Dit is die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het: 2 “Maak gereed en gaan af na die pottebakker se huis; daar sal Ek jou my woorde laat hoor.” Jer. 18:1-2 BDV

Jeremia kyk hoe die pottebakker iets op sy draaiskyf maak. Dit werk egter nie reg uit nie. Die pottebakker knie die voorwerp dan terug en begin van voor af. Toe kon hy iets mooi maak. Die les was dat God met sy volk telkens oor kan begin. Die volk sou byvoorbeeld die stryd teen die vyand verloor en in ballingskap gaan. Daarna sou daar egter ‘n groep terugkom, met wie die Here ‘n nuwe begin kon maak. En so was dit.

Onthou, die Vader is ook besig om óns te vorm. Die vorm waartoe Hy ons maak, deur sy Gees, is die beeld van sy Seun. Daarvoor gebruik Hy alles wat in ons lewe gebeur. God se vorming werk egter nie altyd in ons lewe uit nie, want ons staan Hom dikwels teë. Ons wil gewoonlik bly soos ons is! Die Here gee egter nie op nie. Hy sal weer met jou begin. Wees maar vormbaar en leerbaar, wees maar klei. Vertrou Hom met die werk!

Here, vorm my deur die Gees, vul my, maak my na u wil. Help my om nie weerstand te bied nie, om nie net in my gemaksone te wil bly nie, maar om aktief mee te werk tot U doel. Maak my meer soos Jesus! Amen.

BEDINK VANDAG: Die Here werk vandag met my.

  • Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.
  • Jy kan ook na hierdie oordenking luister op ons Facebook-Blad, kliek hier
  • Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2021 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

8871603079?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –