Dit gebeur hoor....
Jy het belangstelling verloor... nee ernstig, jy gaan 'n ander e-pos kry, jy gaan van werk verander, jy gaan op vakansie, ens. :-)
Gaan soos volg te werk:
1) Onderaan elke oordenking is daar 'n unsubscribe-skakel. Kliek hom net - en jy is af! Maak gerus daarvan gebruik.
2) As dit nie werk nie - skryf vir ons. Ons sal jou dadelik afhaal van die lys... geen probleem.
Ons vra wel dat jy nie ons oordenkings as spam (ongevraagde pos) aanmeld nie. As jy dit ongevraagd ontvang, laat ons dadelik weet. Ons doen baie moeite om seker te maak elkeen is vrywillig op die lys, bv. deur 'n bevestigingsnota uit te stuur. As ons as spam aangemeld is kan dit gebeur dat Padlangs blokkeer word deur spam-filters en kan honderde mense nie hul dagstukkies ontvang nie.
Dankie vir die saamstap en goed gaan verderaan!
Terug na die Padlangs-Inligtingsblad
Replies