Wat word bedoel met die "vuur" as Johannes sê die Messias sal kom en kom doop met die "Heilige Gees en met vuur"? Tradisioneel beteken daardie “vuur” een van drie dinge: • Die “vuur van ywer”, m.a.w. groot vrymoedigheid met getuienis lewer, ens. Mens kan dit natuurlik in Handelinge sien gebeur. • Die “vuur van lyding” – ons sien wel in die Bybel dat ons vir Christus sal ly. Ons maak te min hiervan in die Nuwe Testament (want dit is so onaangenaam), maar jy sien dit bv. as ‘n sterk tema by Paulus dat ons nie net aan sy lewe deel kan hê nie, maar ook aan sy dood (bv. Rom 6:5, 2 Kor 4:11-12, Fil 3:10). Ons moet ‘n “teologie van lyding” beter ontwikkel, want lyding is wel deel van ons lewe. Nogtans dink ek nie dat die “vuur” wat Jesus bring spesifiek lyding is wat Hy vir ons bring nie... (die lyding is wat ons in die wêreld teëkom). • Die “vuur van suiwering” is m.i. meer wat bedoel word. As mens teologies kyk na die rol wat vuur speel in die Bybel en in die Nuwe Testament, en ook kyk na die voorspellings van die Ou Testament en veral Johannes die Doper se prediking wat die Messias betref, is dit duidelik dat hy praat van skoonmaak, uitsuiwer. Ons sien dit ook in Sagaria se beskrywing van Jesus se bediening aan Maria (Lukas 2:34 – Jesus bring verdeling) en selfs ook by Jesus self oor sy bediening (Luk 12:49 – Hy bring vuur). Lees die hele konteks van Johannes se aanhaling: Mat 3:8 Dra dan vrugte wat by die bekering pas. Mat 3:9 En moenie dink om by julleself te sê: ons het Abraham as vader nie; want ek sê vir julle dat God mag het om uit hierdie klippe kinders vir Abraham op te wek. Mat 3:10 Maar die byl lê ook al teen die wortel van die bome. Elke boom wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. Mat 3:11 Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur. Mat 3:12 Sy skop is in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en sy koring in die skuur saambring, maar die kaf sal Hy met onuitbluslike vuur verbrand. Wat dit vir ons beteken is dat die Here kom om ons uit te suiwer. Dit het te doen met die dinge in ons wat nog uitgebrand moet word. Dit gaan oor die (dikwels pynlike) proses van ons geestelike groei. In die verband moet ons met Hom saamwerk.
You need to be a member of jimileroux.com to add comments!
As ek hierop mag antwoord wil ek graag ook iets in my eenvoudig met jou deel .
Ek is besig met die boek van Rebecca Brown "Prepare for War", en een van die dinge wat sy skryf was om gedoop te word met die Heilige Gees en dan met die Heilige Vuur. Dit het vir dae by my gebly en vir my laat vrae vra. Toe luister ek na 'n praatjie oor die Heilige Vuur laasweek Donderdag en dit maak alles sin.
Die dag wat jy jou lewe vir ons Here God gee, en jy sê vir Hom,: "Here, hier is ek, net soos ek is, vol sonde, vol draadwerk, vol van myself, kom maak my soos U Wil, reinig my, was my skoon van die sonde, maak my soos die vrugte van die gees, gee my meer liefde vir my naaste, my medemens, maak my nederig, goedhartig, gee my vreugde in my daaglikse stryd met elke "opstickle", vrede in my hart, geduld, getrouheid, selfbeheersing en vriendelikheid (Gal 5:22 - 23) moet jy WEET Hy gaan jou nie net so aanvaar soos jy NOU is om Sy WERK te doen nie.
Nee, Hy gaan vir jou louter, Hy gaan van jou 'n nuwe mens maak, jou oorbou, want Hy is die Pottebakker. Ons Here God gebruik net mense, soos ek en jy wat ons self nederig maak om klei te word in Sy hande, om gevorm te word, in n nuwe vessel.
Jy moet eers deur die trials en tribulations gaan, waar jou geloof getoets word, waar jy deur die Heilige Vuur gaan. Voor jy nie gelouter en gesuiwer is in die "toestand" wat jy nou is nie, kan jy nog nie Sy Wil doen nie. Jy moet verander word deur omstandighede, van al die dinge wat nie van die gees is nie, bv onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid skeuring, afguns, dronkenskap, uitspattigheid ens. (Gal 5:19-20), gelouter word, skoongewas word.
Ons Here God gebruik die mense wat nederig in gees is, al het jy al die gawes van die Gees. Ons Here God maak jou silwer of goud, jy is nog nie ‘n vessel van silwer of goud nie. Hy vorm jou deur elke “opstickle” of trial waardeur jy gaan. Hyverander jou waar Hy jou wil hê.
Ons Here deursoek jou hartkamer, jou elke innerlike wese, jou opregthid. Hy toets jou geloof, hoe opreg jy werklik is wanneer jy vir Homs ê: “Hier is ek”. Jy moet weet wanneer ons Here met jou klaar is, is jy nie dieselfde mens nie.
Ek sien dit ook soms as seisoene in ‘n mens se lewe. Sekere seisoene is baie langer en baie pynliker as ander, ander is kort en vinnig. Dit maak nie saak wat die proses is nie, die Here het tyd. En ons het tyd nodig om deur die suiweringsproses te gaan, deur Die Heilige Vuur.
Jimi le Roux > Jolanda VorserMay 17, 2009 at 5:01pm
Dankie vir hierdie bydrae oor die vuur as loutering. Ek stem nie altyd met alles van Rebecca Brown saam nie, maar glo wel dat die Here met ons 'n pad van loutering loop - ons lewe lank. Volgens my bring die Here nie met opset slegte goed oor ons nie (ek dink dis meestal die lewe wat gebeur), maar ek weet wel die Here gebruik al daardie dinge om ons te laat groei, en nader aan hom te bring. Goed gaan daar.
Replies