Antwoord op... KOM TOT BEKERING

 

“Bekeer jou!”

Dit is Jesus se boodskap vir die mense (Mat 4:17) – ook vir my en vir jou. Ons moet dit nie te ingewikkeld maak nie, want ons sien by Jesus is dit eintlik ‘n heel eenvoudige reaksie.  

Bekering is om die volgende 100% eerlik te bedoel:

1. Daar is ‘n ernstige leemte in my lewe. Ek weet daar is dinge wat verkeerd is. Ek wil klaarkry met ‘n lewe wat om myself draai.

2. Ek het God regtig nodig in my lewe.  Ek wil ‘n lewe leef waarin Hy nommer een is. Ek wil baie graag doen wat Hy van my verwag.

3. Ek erken dat Jesus God se Gestuurde is, wat vir ons die pad na God oopgemaak het deur aan die kruis met sy lewe vir ons skuld en oortredings te betaal. 

4. Ek wil ‘n volgeling van Jesus Christus word en doen wat Hy vra en doen wat Hy gedoen het.

Om jou te bekeer is om  die bg. in jou hart te bedoel,  dit aan God te sê (in ‘n gebed),  om werklik te begin om ‘n lewe te leef soos Hy wil hê en om daarmee vol te hou al gebeur wat.

Die volgende sal jou baie daarmee help:

  • Om elke dag die Bybel te lees – veral oor Jesus se woorde en dade – daarvoor moet jy ‘n gereelde tydjie maak;
  • Om elke dag met God te praat oor jou lewe, jou besluit, dit wat die Bybel sê, ens.  Ons bid in ons stiltyd met God, maar ook deur ons dag;
  • Om by ‘n gemeenskap van gelowiges aan te sluit waar jy meer kan leer oor Christenskap.  Kies ‘n plek waar jy gemaklik is en voel jy groei.  Hulle sal jou verder lei;

Beskou jouself as ‘n volgeling van Jesus en vertel dit gerus vir ander.  Moenie twyfel nie en moenie skaam wees nie. Skryf asb. aan my as jy jou bekeer het.

 

KLIEK HIER om ons kort dokument oor bekering te lees - waarin ons die volgende dek:

  • hoe om tot bekering te kom (die bg. inligting)
  • wat bekering is en nie is nie (meer inligting)
  • hoe mense in Jesus se tyd tot bekering gekom het (teenoor ons geykte maniere)

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Replies are closed for this discussion.