Antwoord op... THE SHACK

Ek het The Shack gelees, en my kinders en het dit baie geniet. Ek het die volgende gedagtes daaroor: • Dit is fiksie, natuurlik, en ‘n mens moet dit nie lees asof dit die Bybel is nie. Omdat die storie so compelling is, kan mens maklik in The Shack-terme aan God en Jesus dink. • Die teologiese agtergrond is tweeledig: ek dink dit is hoofsaaklik ‘n produk van die Amerikaanse evangelicalism van die oomblik, trouens, dit is dalk die hoogtepunt, die crowning glory daarvan. Daar is egter ook ‘n paar verassende afwyking van die tipiese evangelical teologie en mens sou dit dus nie as fundamentalisties kon beskryf nie. Daar is elemente van sommige van nuwe teologiese denke wat deurkom, ook vanuit die kontemplatiewe spiritualiteit. Ek dink bv. aan die Vader as Moeder, die Gees as Asiatiese meisie, Jesus wat sê dat Hy nie ‘n “Christen” is nie, ens. Teologies gesproke is daar ook geen rede waarom die skrywer nie die bg. stellings kan maak nie. • Mens kan ook dink wie die geïmpliseerde leser is: Amerikaanse evangelical Christene, maar dan ook wyer as dit. Ander Christene, nie-christene en mense wat geliefdes verloor het is almal in sy visier. Die skrywer se doel is (1) om skuiwe te bring in ons denke oor God en (2) om ons nader aan God te trek. Dit gebeur dan ook werklik – baie mense getuig dat die boek altwee hierdie doelwitte bereik het. • Mens sou kritiek kon inbring op sekere fantastiese beskrywings (hier en daar sentimenteel, of te simplisties), of selfs op teologiese gebreke (die hele beskrywing van God is verskriklik akkomoderend, en die konsep sonde bestaan amper nie, dis letterlik liefde wat jou red en genees) wys, maar hoekom? Dit is nie die doel van die boek om ‘n dogmatiek te wees nie, maar om te inspireer, nader te trek. Van die beelde sal jou altyd bybly. Die beskrywing bv. van die onderlinge verhouding van God die Drie-Eenheid was vir my baie mooi, die voorstelling van God se oordeel oor ons, ens. Skuus dat ek nou bietjie teologies geraak het, maar oor die algemeen dink ek dat dit ‘n goeie boek is. Ek is bly ek het dit gelees, en is bly dat baie mense daardeur nader aan God gekom het.

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –

Replies

  • Eh`t die boek soos helende salf ervaar op my persoonlike seer agv verlies.
  • Ek het The Shack ook werklik baie geniet!! En dit was vir my 'n wonderlike manier om vir al my vriende die boek te koop at Jesus nie ken nie en so ook probeer om hulle dit te laat lees.
    Wilna Venter
This reply was deleted.