Antwoord op... WETENSKAP EN GELOOF

'n Groot uitdaging vandag...  kinders leer evolusie op skool en universiteit en die skeppingsverhaal in die Sondagskool.  Hoe nou?  Die kerk se antwoorde is maar skraps en dikwels verkeerd:

  • Sommige hou vas aan die letterlikheid van die Skrif wat dit betref en staan op 'n sewe 24-uur dae skepping en basta.  God said it, I believe, that settles it.  God het in die skepping ingebou dat dit lyk asof die skepping miljoene jare oud is net om ons te toets, het 'n rabbi vir my gesê.  Ai... problematies... Wetenskaplike bewyse is oorweldigend teen so 'n beskouing -
  • Sommige beskou dit as 'n voorbeeld van die kerk se irrelevansie en gooi die hele geloof weg: fabels en mites gaan hulle nie langer aan nie.  Net wat empiries bewysbaar is, rasioneel en objektief, is werklik waar.  Die mars van die wetenskap sal onverbiddelik klaarspeel met skadelike Middeleeuse bygelowe! Tog is dit ook maar na 'n bloed-arme storie... en 80% van die Y-Generasie is wel gelowig.
  • Ander probeer die twee versoen - dis tog immers een werklikheid wat ons belig, ens. Sekerlik die beste standpunt, maar die kerk is nie gereed vir hierdie gesprek nie.

Ek het geskryf oor geloof, wetenskap, die skepping en evolusie op die volgende plekke:

Kyk wat het ek vroeër op hierdie website oor evolusie geantwoord - as jy hier wil kliek...

Dan het ek op my blog die volgende boeke bespreek wat oor Genesis, evolusie en die skepping gaan:

  • Oor die boek "God? Gesprekke oor die oorsprong en einde van alles", deur Fritz Gaum en George Claassen.  Daarin gee 12 gelowiges en 12 ongelowiges hul opinie oor die saak.  Dalk help dit jou bietjie om jou gedagtes te rig - hopelik!   Die skakel is hier...
  • Oor die boek "The Creation Answers Book" deur die kreasioniste-vereniging in Amerika.  Dit gaan oor die 6 dae-skepping, die jong heelal, dinosourusse, evolusie, ens.  Die skakel is hier...
  • Oor die boek "Het God begin", deur Dr Rassie Erasmus.  Die skakel is hier...

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –