Hoekom vra julle geld - a nee a!

Mense mag dalk 'n probleem daarmee hê dat ons af en toe na bydraes verwys. Sommige teken sommer dadelik af as ons daaroor praat. Hoekom (al weer) geld inbring? Die kort antwoord is seker maar dat ons graag brood en melk wil koop, en die bediening aan die gang wil hou. Daar is ook 'n langer en beter antwoord - hier kom dit:

 

Hier is die beter antwoord...

FASE EEN: INFORMEEL

Toe ons met PADLANGS begin het was dit eers net 'n gedagtetjie of wat aan 'n paar vriende. Maar kort voor lank het dit gegroei en op 500 lede het ek handdoek ingegooi. Wel, amper. Onthou, dit het behels om ELKE oggend eers 500 e-posse uit te stuur!  Toe my rekenaar ook ingee, het ek besluit ons kan dit beter doen. Ek het 'n brief aan die lede gestuur en gesê kom ons doen dit saam. Die reaksie was baie positief - mense het geld inbetaal en ek het teen koste op 'n posdiens ingeskryf. Goeie vriende het 'n laptop geskenk. Ek kon hier en daar adverteer. Daarvandaan het die bediening gegroei. So af en toe, as die bydraes min word, het ek die finansies genoem en kon ons weer aangaan. Dit was die eerste, informele, fase van ons bediening.

FASE TWEE: VENNOTE

Om die inkomste te stabiliseer en 'n "regte bediening" te laat ontwikkel, het ons op 'n stadium die kursusse bygesit.  Ons het vennote - langertermyn ondersteuners - nodig gehad, mense wat 'n verbintenis sou maak, al is dit hoe tydelik.  Hoe kon ons dit laat gebeur?  Om 'n weeklikse kursus aan gereelde vennote te stuur, was die insentief wat ons vennootskapsprogram van die grond laat kom het. Ons het nie net iets gevra nie, maar ook iets terug gegee. Kursusse skep 'n langertermyn-verbintenis omdat mense dalk die hele reeks wil ontvang. Op die manier kon ons ook ons bediening uitbrei na meer sistematiese lering toe. Mettertyd was ons inkomste meer voorspelbaar en kon ons begroot. Maryke kon twee dae afneem en aan Padlangs se admin gee, wat onder my "sorg" agteruit gegaan het. Ek kon die bedienings-aspekte uitbrei. Dit was die tweede, meer formele fase van ons bediening. Sonder 'n standhoudende bron van inkomste sou ons bediening nooit meer kon word as net 'n pet project nie.  Daarsonder sou ons ook nooit die volgende fase kon bereik nie:

FASE DRIE: VOLTYDS

Aan die einde van 2009 het ons die groot stap geneem om voltyds met PADLANGS te gaan. 'n Deel van daardie besluit was 'n inkomstebron wat ons gedeeltelik kon dra. Dis min of meer waar ons nou staan. PADLANGS is nog nie ons hele inkomste nie - wens dit was! Maryke moet nog werk om vir ons inkomste in te bring. Padlangs moet nog groei... daar is soveel wat kan gebeur. Nou kan jy egter sien waarom ons geld vra. Hier en daar help ons iemand wat 'n kursus wil volg, maar eintlik beskerm ons ons inkomstebron so ver as moontlik. Vandaar ook die kopiereg en die kursusreëls. Daar is 'n regte manier om dinge te doen, ook vir bedieninge en sendingorganisasies! Hierdie stelsel werk vir ons. Die Here het ons hiertoe gebring. "Dis deel van die sendeling se werk om fondse te werf". Ons hou egter die bydrae laag en werk eerder met meer mense, sodat ons op die langer termyn kan saamstap en community kan bou. Sommige gee natuurlik meer, waaroor ons baie dankbaar is (en ander betaal net een keer, nè - of nooit). Sommige dra net ad hoc by tot ons bediening, sonder dat hulle 'n kursus wil bekom. Die Here lê dit net op hulle hart. Die slotsom is dat dit 'n geloofsbediening bly, dat ons diep afhanklik is en dat alles wat ons het 'n genade van God is. Ons planne is nodig, maar beteken niks as dit nie in Sy Plan is nie.

R150 p.m. is 'n klein en volhoubare "sendingbydrae" en hou ons bediening aan die gang. Sonder hierdie vennootskap sou daar geen Padlangs kon wees nie.  Dit bring dan ook vir elke vennoot 'n weeklikse kursus wat sy geestelike lewe kan bou. Baie dankie vir elkeen wat ons ondersteun!


Nog iets

Die geestelike sy van die bg. antwoord is eenvoudig dat die wat die evangelie verkondig van die evangelie mag leef - lees 1 Korintiërs 9:4-14, ook Matteus 10:7-10; Galasiërs 6:6.

1 Cor 9:4-14 (The Message)

We who are on missionary assignments for God have a right to decent accommodations, and we have a right to support for us and our families. You don't seem to have raised questions with the other apostles and our Master's brothers and Peter in these matters. So, why me? Is it just Barnabas and I who have to go it alone and pay our own way? Are soldiers self-employed? Are gardeners forbidden to eat vegetables from their own gardens? Don't milkmaids get to drink their fill from the pail? I'm not just sounding off because I'm irritated. This is all written in the scriptural law. Moses wrote, "Don't muzzle an ox to keep it from eating the grain when it's threshing." Do you think Moses' primary concern was the care of farm animals? Don't you think his concern extends to us? Of course. Farmers plow and thresh expecting something when the crop comes in. So if we have planted spiritual seed among you, is it out of line to expect a meal or two from you? Others demand plenty from you in these ways. Don't we who have never demanded deserve even more? But we're not going to start demanding now what we've always had a perfect right to. Our decision all along has been to put up with anything rather than to get in the way or detract from the Message of Christ. All I'm concerned with right now is that you not use our decision to take advantage of others, depriving them of what is rightly theirs. You know, don't you, that it's always been taken for granted that those who work in the Temple live off the proceeds of the Temple, and that those who offer sacrifices at the altar eat their meals from what has been sacrificed? Along the same lines, the Master directed that those who spread the Message be supported by those who believe the Message.

Mat 10:7-10 (Ou Vertaling)

En gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom. Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee. Moenie vir julle goud of silwer of koper in julle beurse aanskaf nie; geen reissak vir die pad of twee kledingstukke of skoene of ‘n stok nie; want die arbeider is sy voedsel werd.

Gal 6:6 (Ou Vertaling)

Maar laat hom wat in die Woord onderwys ontvang, meedeel van alle goeie dinge aan hom wat onderwys gee.

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –