HOU VAS AAN DIE HOOP
Ek bedoel dit doodeerlik dat hierdie die mooiste boek is wat ek al geskryf het - binne en buite - en seker die mooiste wat ek al gesien het (of ten minste een van die mooiste). Dis pragtig! Dalk is dit nou maar net ek, maar toe CUM hom by my laat aflewer kon ek nie ophou kyk en vat nie. Dit het goudfoelie voor en agter en selfs op sy sye, soos 'n Bybel. Die kunswerk - ook in kleur op elke bladsy - is besonders. CUM het hulleself oortref!
Ook wat die inhoud betref is dit 'n hoogtepunt - nie omdat ek so danig goed geskryf het nie, maar omdat die Psalms hulle so leen tot oordenkings. Ek weet nie of mens soveel passie in enige ander Bybelboek sal vind as in die Psalms nie. Die temas is so treffend en lewend. Ek het vir Maryke gesê dat ek my hoogtepunt bereik het, dat ek dit nie weer sal kan ewenaar nie - en ek voel steeds so, maar ja, ek is geneig tot dramaties wees.
In elk geval, die boek behels ons reeks, PADLANGS DEUR DIE PSALMS, van so 'n jaar of twee gelede. Ons werk in 366 dele, Januarie tot Desember, regdeur die Psalmboek, van Ps 1 tot Ps 150 en leer daarmee saam ook sommer die hele bundel ken, literêr en inhoudelik. Die hele lewe word gedek en in verhouding gebring met God. Die psalmskrywers se tema is strykdeur dat God vertrou kan word in alle omstandighede - "hou vas aan die hoop" - en dat Hy in alles lofwaardig bly. Die hele boek eindig op 'n geweldige hoogtpunt van lof en prys. Wat 'n reis om vir 'n jaar só deur die Psalms te werk!
As jy ons reeks geniet het - dit was seker ons gewildste reeks nog - sal jy die boek waardeer, dis alles nuut oorgewerk, of kan jy dit skenk as 'n wonderlike geskenk vir iemand wat verjaar, of vir Kersfees of sommer net. HOU VAS AAN DIE HOOP is beskikbaar by alle CUM-winkels of aanlyn, in 'n japtrap afgelewer waar-ook-al, by die skakels hieronder. Dis ook in Engels beskikbaar as HOLD ON TO HOPE.
Hier is mooi getuienisse oor HOU VAS AAN DIE HOOP (gerig aan CUM):
Goeiedag, ek was bevoorreg om bogenoemde boek by 'n vriend te kry nadat my vrou op 9/6/2021 aan Covid oorlede is. Ons was albei baie siek. Ek lees per datum die dagstukkies en elke dag het dit my hartseer stukkie vir stukkie verlig. Daar is nog steeds baie om voor dankbaar te wees en ek het my ou vriend bedank vir die boek wat my elke dag weer laat besef hoe groot ons Almagtige Vader is. Baie dankie dat ek kon deel in Hou vas aan die hoop. Dit het my opgetel en weer laat vorentoe kyk. Geseënde dag. R.B. (Bloemfontein).
Ons wil graag vir jou bedank vir die pragtige boek: Hou vas aan die hoop - dit het vir my en my vriend die wêreld beteken die afgelope jaar… ons albei kom deur 'n moeilike tyd en dit het ons waarlik geïnspireer en bemoedig dat ons daagliks aan hoop kan vashou… Die dag stukkies is baie insigewend, als uit Psalms - dit is baie interessant dit het so baie vir ons geleer en ons beveel dit hoogstens aan. Ons het die boekie sommer weer van voor af begin lees die jaar… dis regtig n MOET om te hê!! (C&J)
Bestel aanlyn:
Replies