Ons gewilde huweliksverryking-program, "Huweliksreis", is nou verkort. Ons het die essensie daarvan saamgevat in tien kragtige dele (vanaf 30 dele). Ons nuwe kursus, HuwelikPlus, beweeg spoedig na die punt toe: (1) Waarom ons so verskil; en (2) Hoe ons dit kan oorkom. In 10 weke werk ons eenvoudig, reguit en prakties deur die probleme. Ons kursus het steeds die volgende eienskappe:
- Dit is prakties en relevant. Ons fokus nie op teorie of agtergrond nie, want ons wil by die praktyk bly. Dit gaan egter ook nie net oor 'n klomp truuks en tegnieke nie, maar oor die toepassing van werklike oplossings en die gebruik van benaderings wat wêreldwyd goeie resultate lewer;
- Dit is geestelik en Bybels geöriënteer. Ons uitgangspunt is die Woord van God, soos toegepas op ons eie tyd. Ons vertrek telkens vanuit 'n Skrifvers, terwyl Genesis 2:24-25 'n goue draad regdeur ons kursus vorm.
- Dit is huweliksverryking, nie huweliksberaad (terapie) wat gemik is op probleme nie. NOGTANS (in hoofletters) sal ons elke week sien waarom dinge skeefloop, en sal baie skaafplekkies in jou huweliksverhouding reggemaak kan word. Jy sal heel moontlik ook antwoorde kry oor die groot probleme.
Die huwelik is soms moeilik en benodig konstante werk en inset. HuwelikPlus kan jou daarmee help!
Hierdie kursus, in sy kort formaat, is reeds in gemeentes aangebied, en word in ons eie konsultasie gebruik. Laai die voorblad hieronder af om na die inhoud en formaat te kyk:
Kyk ook gerus na die kort video (4 min.) waarin ek die kursus bekendstel:
Soos met ons ander programme en kursusse behels HuwelikPlus ook 'n weeklikse e-pos. Daar is geen huiswerk nie. Ons kursusse gaan aan ons vennote, m.a.w. diegene wat ons bediening ondersteun met R150 p.m. of meer.
Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.
Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in op hierdie blad, of kliek op die BLOU SKAKEL hieronder:
As jy reeds 'n vennoot is en/of kursusse van ons ontvang, kan jy net laat weet dat jy in hierdie kursus belangstel.
Replies
Nee want ek kry elke dag jou dagstukkie, ek het ook gekyk dit gaan nie na die "junkmail" toe nie
Kan julle dit moontlik weer vir my aanstuur asb: patriciaward@telkomsa.net
Baie dankie
Groete
Patricia
Ek het ingeskryf vir die HuwelikPlus kursus maar het nog niks ontvang nie
Baie dankie
Vriendelike groete
Patricia
Ek wil graag ook inskryf vir die Huwelik PLUS kursus as ek nog kan?
Dankie
Lizelle Prinsloo
Ek wil graag die Huwelik kursus doen stuur asb besonderhede
Dankie
Veronica
Dankie en beste wense! Jimi le Roux
Ek stel belang in die Huwelik Plus kursus. Baie dankie!
Groete
Corlia