Huweliksreis

3284373431?profile=original

Die huwelik benodig konstante werk en inset

Ek het al verskeie kursusse oor die huwelik opgestel en aangebied en saam met Maryke ook heelwat bygewoon. Hierdie een bevat die beste materiaal uit verskeie bronne en is ook my persoonlike benadering tot huweliksberaad.  Dit het die volgende kenmerke:

  • Dit is prakties en relevant.  Ek wil kondenseer wat prakties werk, al kom dit nie met baie teorie en agtergrond nie. Ons kursus gaan nie net oor truuks en tegnieke nie, maar ook nie oor teoretiese teologie of kommunikasiekunde nie. Nee, dis absoluut prakties en toepasbaar, maar goed gefundeer. Daar is dan telkens huiswerkopdragte of toepassingstake in - maar jy hoef niks terug te stuur nie;
  • Dit is geestelik en Bybels geöriënteer.  Die Woord van God het gestalte gekry in 'n sekere kultuur, nl. een waarin 'n vrou min regte gehad het. Die gedagte is nie dat ons die Bybelse kultuur net so moet oorneem nie, maar dat ons die waarheid van God se Woord oor die huwelik onderskei en dan op ons eie kultuur toepas. Met ander woorde, ons wil sê wat Jesus sou sê as Hy in ons tyd sou gekom het. Op die manier is die kursus wel baie beslis 'n eg Bybelse kursus.
  • Dit gaan oor huweliksverryking.  Onthou, ALLE huwelike het verryking nodig - alle huwelike kan groei.  Dit is nie huweliksberaad (terapie) wat veral gemik is op probleme nie. NOGTANS (in hoofletters) sal ons elke week sien waarom dinge kan skeefloop, en sal baie skaafplekkies in jou huweliksverhouding reggemaak kan word. Jy sal heel moontlik ook antwoorde kry oor die groot probleme.

Soos met ons ander programme en kursusse behels hierdie een ook 'n weeklikse e-pos. Die kursus duur 30 weke. Breedweg val dit in twee dele uiteen: aanvanklik is die klem op ons uniekheid en verskille en daarna gaan dit oor in kommunikasievaardighede en konflikhantering (net so rofweg). Ek stuur weg van pynlike "knieskyfsessies" en oefeninge wat vir die meeste mans te moeilik is! Daar is wel pertinente gesprekstemas.  Wonderlike kommentaar is al op hierdie kursus ontvang, bv. (na 26 weke):

Baie dankie vir die reis tot dusver. Ons het wonderlik gegroei deur die proses, as individue, maar ook as huweliksmaats. Ons beplan om later in die jaar weer die reis aan te pak!

Verskeie gemeentes gebruik dit in hul huweliksberaad. Laai die eerste dele hier af:

HRV - Voorblad

HR1 - Loslating

Hierdie kursus is ook nou in verkorte formaat beskikbaar, oor 10 dele, onder die naam HuwelikPlus. Kliek hier vir meer besonderhede.

 

 

2386233854?profile=RESIZE_180x180Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad: kliek hier

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –