In die Lig van sy Genade

'n Heerlike belofteboek uit Jesaja!

Staan op, en word verlig; want jou lig kom,

en die heerlikheid van die HERE gaan oor jou op! Jes 60:1

Ons reeks oordenkings van so twee of drie jaar gelede, Belofte vir Vandag, is omgewerk en uitgebrei in 'n pragtige, kleurvolle dagstuk-boek. Ons lesers het hierdie reeks geweldig geniet en dis lekker om dit nou so mooi gebundel te kan aanbied. CUM het besondere moeite gedoen en hierdie boek kom met geëmbosseerde voorblad, pienk foelie op sy rande en mooi kleur binne-in.

Ons het die "evangelie van die Ou Testament", Jesaja, geneem en van hoofstuk 1 tot 66 deurgewerk. Jesaja gaan oor krisis en verlossing, oor die mense se vrae, nood en afhanklikheid en oor God se belofte en uiteindelik: sy radikale ingrype. Dis temas wat ons elke dag ook beleef - en Jesaja is VOL beloftes van God se goedheid, nabyheid en verlossing!  

"In die lig van Sy Genade" help die leser om oorsigtelik, maar met begrip deur Jesaja te werk in vyf minute-sessies per dag. In 366 kompakte stiltetye is daar telkens (1) 'n Skrifgedeelte, (2) 'n kort oordenking wat dit toelig en toepas, (3) 'n gebed om daarop "amen" te sê en (4) 'n BELOFTE VIR VANDAG. Die wat regtig min tyd het kan ook bloot die dag se belofte vir hom saamneem deur sy dag.

Dan is daar NOG GOEIE NUUS! Vir die eerste keer is ons oordenkings in 'n Engelse boek ook beskikbaar. IN THE LIGHT OF HIS GLORY is die Engelse weergawe van hierdie boek, wat plaaslik en oorsee aangebied sal word. Nou kan jy ook vir jou Engelse vriende of familie 'n "Padlangs" dagboek skenk! "In the Light of his Glory" is nou in sy tweede druk.

In die lig van Sy Genade, asook In the Light of his Glory is beskikbaar by CUM boekwinkels, of aanlyn by http://www.cumuitgewers.co.za.  Die prys is R189.95

 

 

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –