In die Tempel

8897994273?profile=RESIZE_400x

 

IN DIE TEMPEL is 'n kursus in 18 dele waarin ons

die heiligdomme en tempels in die Skrif bestudeer.

Ons begin by die altare van die aartsvaders en kyk dan na die tabernakel, die eerste en tweede tempel in Jerusalem, en die sogenaamde "derde tempel" wat nog voorlê. Dan kyk ons na die tempel in die tyd van die Nuwe Testament, en wat die vernietiging van die tempel in 70 n.C. beteken. Ons spandeer egter die meeste tyd aan die betekenis van die tempel, met al sy koper en goue implemente vir ons vandag. Die tempel was 'n plek van ontmoeting met God, maar as sulks was dit ook 'n metafoor vir ons eie ontmoetings met die Here. Ons dek breedweg die volgende inhoud: 

Die vroeë heiligdomme van Israel
Die eerste en tweede tempels, die derde tempel
Jesus en die tempel, en die tempel in die Nuwe Testament
Die poorte en voorhowe
Die koper altaar, die koper waskom en die koper pilare
Die goue tafel, die goue kandelaar, die goue altaar
Die voorhangsel, die allerheiligste en die ark
Die werk van die priesters
Die heiligdom in my hart
Die heiligdom in die Nuwe Jerusalem

Sluit by ons aan vir hierdie opwindende en betekenisvolle reis! Laai gerus die Voorblad en Inhoud, asook Deel #1, hieronder af, om na die inhoud en uitleg te kyk. 

IDT#0 Inhoud.pdf

IDT#1 Inleiding.pdf

 

Ons kursusse gaan aan diegene wat ons bediening ondersteun teen R150 p.m. of meer. Meer besonderhede oor ons kursusse is hier. Om in te skryf, kliek gerus op hierdie blou skakel: 

3822600595?profile=RESIZE_710x

 

 


 

2386233854?profile=RESIZE_180x180

Vir VOLLE INLIGTING oor ons kursusse, insluitende gelde en praktiese reëlings, of om in te skryf, kliek hier

Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSEkliek hier

Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

 

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –

Replies

  • Goeie môre, ek wil net seker maak dat julle my inskrywing en geld ontvang het vir die kurses ‘In die Tempel’. Groete Linda Steenkamp
This reply was deleted.