Ek het 'n vragie vir jou wat my al baie lankal pla...

Hoekom lees die geslagsregister van Jesus in die begin van Matteus dan Josef se geslagsregister en nie Maria s'n nie. Indirek het Jesus mos nie Josef se bloedlyn nie. Ek weet nie of dit is omdat vroue so gering geag is in daardie tyd en of vroue se geslagsregister nie opgeteken is nie, of sou Josef en Maria uit dieselfde bloedlyn kom?

Antwoord

Hallo daar – sal gou ietsie skryf...

• Matteus gee ‘n geslagslyn deur Josef en sy pa tot by Abaraham, want hy skryf vir die Jode (die nakomelinge van Abraham). Hy wys Jesus is ‘n afstammeling van Abraham en ‘n ware Jood
• Lukas gee ‘n geslagslyn van deur Josef en sy skoonpa (Maria se pa) tot by Adam want Lukas skryf aan die heidene en skakel Jesus eerder met die mensdom as geheel
• Maria word uitgelaat want ‘n vrou het in daardie tyd nie in die geslagsregister gefeature nie! Die naam loop deur die man, en dit is dus ‘n probleem om nie die man te noem nie
• Nogtans sit Matteus om teologiese redes ‘n paar vroue in Jesus se voorgeslagte – hulle is meestal heidene en hy wys dat Jesus, die Jood, ook die heidene se bloed dra – sy boek sal immers ook eindig met “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies...”
• Ons moet onthou dat hierdie geslagsregisters nie so presies soos ons s’n saamgestel is nie. Die term “seun van” het ‘n losser betekenis as by ons en dui ook op kleinseun, skoonseun of algemene nakomeling. Matteus kan dan baie maklik ‘n hele paar geslagte oorslaan en steeds reg wees om te sê hierdie is die seun van daardie. As Lukas dan sê Josef was die seun van Eli, is dit mos reg as hy na Maria se pa verwys, wat hy ook nou “pa” noem! Hulle (Matteus en Lukas) stel die geslagregister kunstig saam om groepe van sewe te vorm met ‘n spesifieke boodskap, bv. Jesus is deur Maria sowel as Josef ‘n afstammeling van Dawid, Jesus is ‘n Jood, Jesus is die “Seun van die Mens”, Jesus bring mans en vroue saam, Jesus bring Jode en heidene saam, ens.

Goed gaan,

Jimi le Roux

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –