Kwelvrae wat Tieners vra
Eerlike vrae oor die geloof en wetenskap, oor God en ander godsdienste, oor die Bybel, wonders, die geestelike lewe en vele meer...
Dit was lekker om hierdie boek te skryf! Hierdie werklike vrae is vandag GROOT VRAE onder jeug, en dit MOET beantwoord word. Ek is dalk nie die beste een om dit te doen nie, maar ek weet ook nie van veel ander boeke in die verband nie. Ek WOU dit antwoord, alhoewel ek weet dat nie alle Christene met my antwoorde sal saamstem nie. Die feit is egter dat die Millenium-generasie (maar die boek gaan eintlik aan almal wat hierdie vrae vra – ook baie volwassenes) grootword in ‘n hoogs-wetenskaplike era. Dis 'n era waarin hulle een ding by die kerk leer en 'n ander ding by die skool en universiteit. Hoe bring mens geloof by die wetenskap uit? Is God daar? Kan ons Hom bewys? Wat van evolusie? Wat van die ander godsdienste? Wat van die wat nie (kon) glo nie? Die kerk is baie stil oor hierdie dinge - wat maak dat die nuwe generasie die kerk dikwels as irrelevant tot hulle alledaagse lewe beleef. Dit kan nie daar gelaat word nie!
82 Knellende vrae word reguit, eerlik en kortliks (hoogstens drie paragrawe) beantwoord. Ons dek ook vrae oor die Bybel en die geestelike lewe. Ja, sommige vrae is baie moeilik om te antwoord, maar soos ons in die boek sê - ons kan nie alles oor God antwoord nie, ons kan wel die gesprek begin en gelowig saamgesels. Soos altyd eindig ons met ‘n oproep om vir die Here te kies.Die volledige lys vrae is onder aan hierdie blad. Jy kan ook die eerste hoofstuk nou lees deur hieronder te kliek.
Die boek is vir almal wat sulke vrae vra: tieners, jong volwassenes, jong Christene - en ook alle volwassenes wat oor hierdie dinge dink. Verpligte leesstof vir die vraende en denkende jongmense in jou familie!
"Kwelvrae" is beskikbaar by CUM boekwinkels, by CUM aanlyn of verskeie ander aanlyn boekverkopers.
Lees die resensie van "Kwelvrae" in die Kerkbode, 20 Nov 2015:
VRAE OOR GLO, WEET EN WETENSKAP
1. Hoe kan mens weet dat God bestaan?
2. Is daar enige bewyse vir God se bestaan?
3. Hoe kan mens iets van God beleef?
4. Hoe kan mens iets glo wat jy nie kan bewys nie?
5. Is die wetenskap teen geloof?
6. Hoe kan mens weet dat die Christelike geloof reg is?
7. Is dit dan net Christene wat reg is?
8. Wat as mens in jou geloof begin twyfel?
VRAE OOR DIE WOORD EN WONDERS
9. Kan mens die Bybel glo – is dit nie verkeerd bewys nie?
10. Is al die Bybelse “feite” dan verkeerd?
11. Hoekom verskil mense so erg oor die Bybel?
12. Het daar regtig wonders in die Bybelse tyd gebeur?
13. Het Christus regtig opgestaan uit die dood?
14. Gebeur daar nog wonders vandag ook?
15. Is daar hedendaagse voorbeelde van wonders?
VRAE OOR DIE GOD VAN DIE BYBEL
16. Wie het God gemaak - hoe het Hy ontstaan?
17. Hoekom praat ons van God as ‘n Drie-Eenheid?
18. Ons praat van God as “Hy”- is Hy dan ‘n man?
19. Hoe is God - streng of eerder liefdevol?
VRAE OOR DIE SKEPPING EN EVOLUSIE
20. Wie is nou reg oor die skepping - die Bybel of die wetenskap?
21. Kan mens dan nie bewys dat Genesis letterlik waar is nie?
22. Is evolusie nie ‘n komplot om God uit die prentjie te werk nie?
23. Waar kom God dan in die prentjie in by die skepping?
24. Veroorsaak God aardbewings en tsunamis om mense te straf?
VRAE OOR SONDE EN LYDING
25. Waarom gebeur daar soveel slegte goed in die wêreld?
26. Waarom is God so begaan oor die sonde – hoekom is dit so erg?
27. Wat is sonde eintlik– vir sommige mense is sommer alles sonde?
28. Slegte dinge gebeur soms met baie goeie mense – is dit reg?
29. As slegte goed gebeur, is dit die aanval van die duiwel?
30. Waar is God as slegte dinge gebeur?
31. Kan ons God bly vertrou as Hy ons dan nie in alles beskerm nie?
VRAE OOR DIE BONATUURLIKE WÊRELD
32. Hoe moet ons die Satan verstaan – is daar so iemand?
33. Is daar werklik bose geeste? Wat doen hulle?
34. Ek vind okkulte dinge interessant – is dit verkeerd?
35. Wat moet my houding teenoor die Bose wees?
36. Is daar werklik engele? Wat doen hulle?
37. Hoe moet mens teenoor engele optree?
VRAE OOR REDDING EN DIE EWIGHEID
38. Waarom sê die Bybel dat mense “verlore” is?
39. Wat beteken dit eintlik om “gered” te wees?
40. Waarom word almal nie gered nie – het God net sekeres uitverkies?
41. Sommige kerke onderstreep geloof en ander bekering – hoe nou?
42. Hoe kom ‘n mens tot bekering?
43. Waarom moes met die sonde gewerk word deur die kruis?
44. Wat word van mense wat sterf sonder dat hulle van Christus gehoor het?
45. Is daar dan ‘n hel? Hoe moet ons dit verstaan?
46. Wat gebeur met mense na hul dood?
47. Wat gaan gebeur aan die einde van die tyd?
48. Hoe moet ons die hemel verstaan – waar is dit?
49. Wat beteken “vir ewig”?
VRAE OOR ‘N VERHOUDING MET GOD
50. Kan ‘n mense ooit seker wees dat mens gered is?
51. Hoe weet ek dat ek eendag nie weer my geloof sal opgee nie?
52. Hoe groei ‘n mens geestelik?
53. Ek weet nie presies hoe om te bid nie – help my?
54. Niks gebeur as ek bid nie. Bid ek verkeerd?
55. Bybellees is vir my baie vervelig – hoe kan ek dit beter doen?
56. Hoe kan ek God se boodskap vir my aflei uit die woord?
57. Hoe weet ek God praat met my?
58. Moet ek kerk toe gaan?
59. Waarom is kerk so outyds en vervelig?
60. Hoe beleef ek die Heilige Gees?
61. Wat is die “spreek in tale” waarvan ek hoor?
62. Hoe deel ek met sondes en versoekings in my lewe?
63. Hoe leef ek as ‘n getuie van Christus?
64. Hoe hanteer ek my ouers wat ver van God af is?
VRAE OOR PROBLEME MET SOMMIGE CHRISTENE
65. Hoe tree ek op teenoor Christene van ander kerke – en kultusse?
66. Waarom is daar soveel skynheilige Christene?
67. Waarom is Christene soms so veroordelend en krities?
68. Hoekom is dit Christen-jongmense wat my teleurstel?
69. Wat van prominente Christenleiers wat mens teleurstel?
70. Kan gay mense ook Christene wees?
VRAE OOR TAAI TOFFIES EN ANDER MOEILIKE TEMAS
71. Wat is Christene se houding teenoor die aarde?
72. Wat is Christene se houding teenoor armoede en rassisme?
73. Wat is Christene se houding teenoor die regering?
74. Hoe moet ek boelies hanteer - moet ek die ander wang draai?
75. Is dit so verkeerd om te rook en drink?
76. Is dit so verkeerd om ‘n tatoeëring te kry?
77. Is dit so verkeerd om seks voor die huwelik te hê?
78. Wat sê die Bybel van masturbasie?
79. Hoe kan ek ‘n goeie verhouding bou met ‘n ou of meisie?
80. Hoekom voel ek soos 'n mislukking - almal is beter af as ek!
81. Wat is die doel van my lewe?
82. Hoe kan ek werklik gelukkig wees?
Replies