Langs die Pad April 2021

Hallo daar!

Hierdie maand net 'n kort nuusbrief. Ek gesels eintlik net:

Beweging na sosiale media

8802207854?profile=RESIZE_180x180Die internet-omgewing het baie verander en ons moet daarby aanpas. Ons huidige model is baie op e-posse geskoei, terwyl alles vandag in sosiale media (Facebook, Instagram, Twitter, ens.) gedoen word. Facebook Groepe is bv. ideaal vir kursusse. Die notas, videos, ens. kan eenvoudig daar geplaas word. Ons moet dus noodwendig meer na Facebook gaan, terwyl ons in ag neem dat nie almal Facebook het nie, en dat ons kapasiteit net soveel toelaat. Terloops, as iemand by ons span wil aansluit as vrywilliger, bv. om daagliks na 'n Facebook-blad om te sien, sal dit baie help! Ons kan bv. ook ons Engelse oordenkings op 'n Facebook groep plaas, maar wil nie nog verantwoordelikhede op ons huidige vrywilligers plaas nie. Olga (wat ons daaglikse voorlesings behartig, skryf gerus in), het juis onlangs soveel las van haar knie gehad dat sy hospitaal toe is, maar tussendeur het sy die opnames gemaak en dit daagliks uitgestuur, dankie daarvoor!

  • DAAGLIKSE STILTE SE se Facebook-Blad is hier. Follow dit gerus.

Kort gedagtes

1. Sommige het gevra vir 'n boodskap elke Sondag op ons Facebook-blad, maar dis natuurlik 'n ekstra opname, ens. per week. Dis wel moontlik as ons ons model bietjie verander en Sondag-oggende ons kursusse lewendig/per video aanbied (aan almal), met die notas dan aan die wat daarvoor ingeskryf is. Laat weet maar as jy dink dit kan werk. Ons het tans 'n Maandag-aand Zoom-klas wat eintlik baie lekker werk.
2. Ek het laas keer gevra vir 'n laptop vir 'n kollega en het al twee gekry - BAIE dankie! Daar is ook die moontlikheid vir 'n derde. In die proses het ander behoeftes ook na vore gekom. As jy dus steeds 'n goeie, werkende masjien het, wat jy wil skenk vir die werk van die Here, kan jy met my skakel. Ek sal seker maak dat dit by die regte plek uitkom en dat die ontvanger bevestig dat hy of sy dit ontvang het.
3. Welkom ook aan omtrent honderd en vyftig nuwe lede wat intussen by ons aangesluit het. Dis lekker om saam met julle die geestelike pad te stap. Ons verwelkom reaksies en saamgesels (op ons oordenkings), laat weet ook hoe ons saam met julle kan bid, ens. Stuur gerus ons oordenkings aan, maar net waar dit welkom sal wees!

Nou ja, dis genoeg vir nou.

Mag die Here jou so seën dat dit voel jy loop op 'n wolk van genade! As ons net kon sien, soos Elisa se kneg, hoe naby die Here aan ons is... :-)

Ten slotte: dankie vir die saamstap op die geestelike pad. Die voorreg (en verantwoordelikheid) is ons s'n.

Jimi en Maryke

 

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –