Langs die Pad Maart 2021

8672583664?profile=RESIZE_400x

Hallo, weereens!

Ek val sommer dadelik weg. Ons het aan die begin van die jaar 'n paar honderd nuwe lede ontvang en dis lekker om te sien hoe hulle saamlees en reageer. Vir hulle onthalwe (en vir almal s'n) wil ek so 'n bietjie agtergrond gee oor wie ons is en wat ons doen.

Wie is ons?

Ek - Jimi le Roux - is 'n leraar wat 20 jaar in gemeentes bedien het. Mettertyd het ons 'n internet bediening ontwikkel, wat ons steeds "Padlangs Bediening" noem. Die laaste 12 jaar doen ons dit voltyds en tans is ons al 'n span van vyf. Om meer te lees oor wie ons is en waar ons staan, kliek hier.

  • 8672611889?profile=RESIZE_400xOORDENKINGS. Ons oordenkings, DAAGLIKSE STILTE, gaan aan duisende lesers per e-pos (soos hierdie brief), in Afrikaans en Engels, en is ook beskikbaar op Facebook en in 'n oudio-formaat op WhatsApp. Ons glo 'n dagstukkie kan 'n egte daaglikse stiltetyd uitmaak. Ons huidige reeks, Wesenlike Woord, beweeg deur die bekendste en "beste" verse in die Bybel. Verskeie van ons reekse het reeds in boekvorm verskyn en hierdie jaar word weer een uitgegee.
  • KURSUSSE. Ons kursusse is die hart van ons bediening, wat lerend van aard is, en maak ook ons inkomste uit. Ons het al kursusse oor tientalle temas saamgestel en probeer altyd kort, kragtig en relevant bly. Die meeste mense ontvang tans Leer ons Bid, 'n kursus oor gebed gebaseer op die Ons Vader. Dit word aangevul deur 'n weeklikse video en 'n Zoom-klas Maandagaande (vrywillig). Die meeste kursusse behels egter net 'n kursusdeel - daar is geen huiswerk of assessering. Kyk gerus deur ons kursusse - daar is beslis temas waaroor jy meer sou wou weet. Ons "basiese kursus", Geestelike Vorming, se eerste 5 dele is gratis, sodat jy sonder verpligting kan sien hoe ons kursusse werk. Laat weet as jy daarin belang stel!

8672617888?profile=RESIZE_180x180

Die bg. genereer heelwat bediening. Dan skryf ons ook, doen berading en begeleiding en preek en leer op uitnodiging.

Hoe leef ons?

Soos ons laas gesê het, staan ons in 'n geloofsbediening. Die meeste mense ondersteun ons deur 'n kursus te bestel. Vir 'n bydrae van R150 p.m. word een kursus weekliks uitgestuur. Ander dra meer by. Bydraes kan gemaak word per debietorder, wat dit wedersyds makliker maak, per kredietkaart regoor die wêreld, per maandelikse EFT of per Snapscan (hierlangsaan), wat maklik is om te gebruik.

Ten slotte

Ek probeer 'n skootrekenaar bekom vir 'n leraar in die Oos-Kaap. Hy bedien in 'n arm gemeenskap en sy rekenaar is totaal daarmee heen. Hy sukkel om met sy selfoon ons vergaderings by te woon en ek wil hom help, omdat ek weet dat daar dikwels laptops in ons huise of kantore is wat ons nie gebruik nie. Kontak my gerus hieroor, ek sal kyk of ons die vervoer kan reël.

Dankie dat ek die bg. vandag met jou kon deel. Die Here kry altyd al die eer. Hy voorsien in al ons behoeftes!

Alles van die beste, mag die Here jou ryklik seën!

Jimi en Maryke

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –