Leef Geestelik

10923133497?profile=RESIZE_710x

Leef Geestelik gaan oor spiritualiteit, "geestelikheid". Spiritualiteit is die behoefte om die lewe geestelik te beleef en geestelik te leef. Nie net soms nie, maar altyd, elke dag. Onthou, die geestelike lewe is 'n spesifieke manier om die gewone lewe te leef. In hierdie kursus leer ons dus die spiritualiteit-van-die-gewone-lewe aan. Ons leer om God in die gewone te sien, sy tekens te gewaar, en om geestelik daarop te reageer. Vul jou lewe met die Here! Leef Geestelik sal jou lewe lig maak.

Vir die doel hiervan het ons 'n ouer kursus, "Geestelike Lewe", geneem en oorgedoen: dis korter, kragtiger en vars uitgelê. Leef Geestelik loop oor 40 weke en volg op ons kursus Geestelike Vorming.

Laai gerus die Inhoud en die eerste deel af, om te sien hoe ons kursus lyk:

LFG#0 Voorblad.pdf

LFG#1 Spiritus.pdf

 

 

2386233854?profile=RESIZE_180x180Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad: kliek hier of hieronder:

 

3822600595?profile=RESIZE_710x

 

 

 

 

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –